Te Veel Van ’n Goeie Ding …Voorbeeld
Word stil ...
Almagtige God, wys my daarop as ek my lewe rondom ’n skerm organiseer. Speen my van my verslawing, as dit die geval is, en help my om my ewewig in u genade te vind.
Herinner my elke dag daaraan dat U my uit stof geskep het en dat hierdie liggaam uiteindelik na stof sal terugkeer. Hou my asseblief waarheidsgerig sodat ek nie deur enige lukrake idee wat ek raakloop my ewewig sal verloor nie. Gee my geestelike immuniteit ’n hupstoot deur my vol te maak met meer van u Gees en minder van my eie selfsug. Amen.
Hierdie oordenkings is saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Een van die duiwel se oudste truuks is om ons te lok met dinge wat goed lyk, voel en proe … terwyl dit nie noodwendig goed is vir ons nie. Oordoen jy dalk iets wat inherent goed is? Hierdie 5 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos uit God se Woord, asook heilsame brokkies oor liggaamlike welsyn.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za