Te Veel Van ’n Goeie Ding …Voorbeeld
Gefokus
Hierdie Messiaanse profesie vertel van die onwrikbare manier waarop Jesus sy belofte deurgevoer het toe Hy vir ons aan die kruis gesterf het. Dit bevestig sy ysere wilskrag en vasbeslotenheid om te doen wat sy Vader van Hom vra – ongeag wat dit kos.
Ongelukkig is dié tipe vasberadenheid, volharding en selfbeheersing deesdae skaars. Ons aandag word vinnig afgelei deur apps op ons fone, vermaak en verskonings. Navorsing wys dat mense wat voortdurend tussen verskillende vermaaklikheidsmedia rondspring ook oor minder van dié tipe grysstof beskik wat met wilskrag en besluitneming te make het – en ’n groter risiko loop om met obsessief-kompulsiewe gedrag, depressie en angstigheid te sukkel.
Hoe kan jou wêreld verander as jy oefen om elke dag vir ’n volle vyf minute lank nét te fokus op één Bybelvers? Sou dit dalk die loop van jou dag verander? Of dalk sommer jou hele lewe?
EK STUUR NET GOU DIE BOODSKAP …
Selfoonskeidingsangs is ’n wesenlike probleem. Wanneer ’n mens se foon pieng, skei jou brein dadelik ’n dosis goedvoel-dopamien af – die begin van ’n verslawingsreaksie wat soortgelyk is aan hoe ’n dwelm jou laat voel. Elke keer wanneer jy jou aandag van ’n boodskap na e-pos tot webwerf skuif, is daar ’n verskuiwingskoste. Jou brein struikel en het tyd nodig (15-25 minute) om weer terug te kom waar dit was vóór die afleiding. Om 15 keer per dag na jou foon te kyk, met ’n “verskuiwingskoste” van 15 minute beteken jy mors meer as drie ure per dag! Skakel jou foon se klank af (of nog beter – sit dit in vliegtuigmodus) om ononderbroke te dink.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Een van die duiwel se oudste truuks is om ons te lok met dinge wat goed lyk, voel en proe … terwyl dit nie noodwendig goed is vir ons nie. Oordoen jy dalk iets wat inherent goed is? Hierdie 5 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos uit God se Woord, asook heilsame brokkies oor liggaamlike welsyn.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za