Te Veel Van ’n Goeie Ding …Voorbeeld

Te Veel Van ’n Goeie Ding …

DAG 2 VAN 5

Om met vuur te speel

Of dit nou bedrog is, ’n buite-egtelike verhouding of verslawing, ’n mens hoor dikwels mense sê: “Ek kon nie help dat ek so gevoel het nie!” of: “Dit het eenvoudig net gebeur!” Natuurlik kom gevoelens spontaan by ons op. En ja, soms lei die een ding na die volgende.

Maar ons is verkeerd as ons dink ons kan niks daaromtrent doen nie. ’n Mens het altyd ’n keuse om weg te loop, al is dit ook hoe moeilik of al is dit ’n groot verleentheid. ’n Mens het die keuse om onmiddellik vir hulp te vra. ’n Mens het die keuse om eerlik te wees en die vlam van romanse weer aan te blaas in die kaggel waar dit bedoel is om te brand. Die keuse om uit jou werk te bedank, of nuwe vriende te maak as die oues jou aanhou verlei om jou vingers te verbrand. Dis absoluut binne jou beheer om nie met vuur te speel nie.


RAAD MET BRANDWONDE

Hou onmiddellik enige brandwond vir 20 minute onder koue, lopende water om die swelling so ver moontlik te verminder. Bedek die wond hierna met ’n beskermende gaasverband. Moenie sagte, pluiserige materiaal soos watte gebruik wat dalk aan die wond kan vassit nie – en vermy boererate soos olie of botter! Enigiets wat jy oor ’n brandwond smeer, skep ’n versperring wat die hitte vaskeer. Hou by antiseptiese salf wat spesifiek vir brandwonde ontwerp is. Draai kastrolhandvatsels na die binnekant van die stoof toe, bedek elektriese kontaksokke en plaas alles wat kinders dalk kan verlei – soos vuurhoutjies! – waar klein handjies dit nie kan bykom nie.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Te Veel Van ’n Goeie Ding …

Een van die duiwel se oudste truuks is om ons te lok met dinge wat goed lyk, voel en proe … terwyl dit nie noodwendig goed is vir ons nie. Oordoen jy dalk iets wat inherent goed is? Hierdie 5 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos uit God se Woord, asook heilsame brokkies oor liggaamlike welsyn.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za