Wie is Jesus? Deel 2Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 2

DAG 4 VAN 7

Ware Rus

Rus. Ek dink daar is baie wanopvattings rondom hierdie woord. Sommige visualiseer ‘n spa en komkommers. Ander definieer dit bloot om nie te werk nie of miskien Netflix te kyk, speletjies te speel of 'n skoolvakansie. Dalk dink jy daaraan om skape te tel en in ‘n diep slaap in te gaan. Dit maak egter nie saak wat by ons opkom nie, Jesus betrap ons onkant met die beeld wat Hy voorhou.  

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” Matteus 11:28-30.

'n Juk? Is dit nie wat op 'n dier geplaas word as dit tyd is om te werk nie? Ja, maar ook wanneer dit tyd is om te leer. In Jesus se tyd, is jong diere opgelei, deur hulle saam met ouer, meer ervare diere in 'n juk te sit. Hierdie ouer diere het die voortou geneem en die gewig van die juk gedra, terwyl die jongeres gevolg het en so hul rol geleer het. 

Verder is die woord sag in Grieks chrestos, wat ook vertaal word as "om goed te pas". Jukke is altyd noukeurig gepas om presies op 'n dier te rus, om sodoende geen skade of skaafmerke te veroorsaak nie. Met ander woorde, hulle was pasgemaak om net reg te lê. 

Jesus se beeldspraak wys vir ons iets baie kragtigs oor rus. Eerstens gaan daardie rus nie oor luiheid of plesier nie. Dit gaan daaroor om te leer hoe dit lyk om te wandel volgens die doelwit waarin God ons binne genooi het. Want wanneer ons iets doen wat ons nie ontwerp is om te doen nie, sal ons altyd moeg en oorweldig voel. Daarom is daar 'n juk betrokke. Jesus sê: leer by My. Hy is ons Skepper in die menslike vlees. Hy, meer as enigiemand anders, verstaan ons doelwit. Jesus het dus gekom om ons te leer; om ons te wys hoe dit lyk om ons lewens te wy aan die doel waarvoor ons geskep is. Daarom nooi Hy ons uit om saam met Hom in sy juk te trek. 

Want uiteindelik is daar geen ware rus vir ons siele in enigiemand of enigiets anders as in Jesus nie.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 2

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. Want as Jesus regtig is wie Hy gesê het Hy is, verander dit alles. As Jesus egter nie is wie Hy gesê het Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan in deel twee van ons reis deur die evangelie van Matteus om voort te gaan om die antwoord op hierdie belangrike vraag te ontdek.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/