Wie is Jesus? Deel 2Voorbeeld

Who Is Jesus? Part 2

DAG 3 VAN 7

Hiervoor Gemaak

Deur vir ons te wys wat dit werklik beteken om mens te wees, bied Jesus hierdie uitnodiging om met Hom saam te werk om die skepping te herstel. Hier verduidelik Hy die uitnodiging aan sy dissipels en gee Hy hulle die opdrag om voort te gaan met die werk wat Hy begin het. Hier is die instruksies:

“Gaan verkondig: 'Die koninkryk van die hemele het naby gekom.' Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet” Matteus 10:7-8.

As volgelinge van Jesus word ons deur God geskape en geroepe om sy goedheid aan die hele aarde uit te dra; om ons lewens so te leef dat die mense om ons en die omgewings waarin ons woon, beter word as gevolg van ons teenwoordigheid daarin. Stel jou daardie soort lewe voor. Wat as, in al jou verhoudinge, die manier waarop jy mense behandel, hulle so verhef het dat selfs al sou die verhouding beëindig word, julle albei wegstap om God duideliker te sien as toe julle die eerste keer ontmoet het? Wat as jy besef dat jy vryheid, hoop en lewensveranderende krag saam met jou dra waar jy ook al gaan? Ja dit is so! Hierdie lewe is nie net moontlik nie, dit is die een waarin Jesus jou binne genooi het. Dit is egter nie maklik nie. Mense bied dikwels weerstand teen verandering. Jesus probeer ook nie die probleme vir ons wegsteek nie. 

“Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe. Pas op vir die mense ...” Matteus 10:16-17.

Om hierdie uitnodiging uit te voer, in vennootskap met Jesus, vereis wysheid en die toepaslike innerlike motivering. Ons moet eintlik ons harte en ons koppe in harmonie bring. Ek hou daarvan dat ons geroepe is om God lief te hê met alles wat ons is. Dit is nie net 'n emosionele saak nie. Dit is ook 'n intellektuele saak. Beteken dit dat ons al die antwoorde moet ken om die uitnodiging te aanvaar? Nee, dit beteken egter wel dat ons ons denke toewy aan wat goed is, vir God toelaat om ons op te lei in die vernuwing van ons verstand en om sy wysheid te soek. Jesus is nie net ons Verlosser nie; Hy is ook ons Leermeester. Ons leer by Hom. Hierdie uitnodiging om saam met Hom te werk om die skepping te herstel, kom met die verwagting dat ons werklik in sy voetspore gaan volg en die werk gaan doen wat Hy gedoen het. 

"Hy wat sy kruis nie opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie. Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe terwille van My verloor, sal dit vind" Matteus 10:38-39.

Daardie geloofwaardige, betekenisvolle lewe wat ons almal begeer, kom nie deur "onsself te vind" nie. Dit kom deur onsself te verloën en te kies om op Jesus se uitnodiging te reageer om saam met Hom te werk om die skepping te herstel. Jy is hiervoor gemaak. Dit is waar die lewe is: deur onsself te verloën, ons kruis op te neem en Jesus te volg. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Who Is Jesus? Part 2

Wie is Jesus? Dit is die fundamentele vraag. Want as Jesus regtig is wie Hy gesê het Hy is, verander dit alles. As Jesus egter nie is wie Hy gesê het Hy is nie, verander dit ook alles. Sluit by ons aan in deel twee van ons reis deur die evangelie van Matteus om voort te gaan om die antwoord op hierdie belangrike vraag te ontdek.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/