Vreugde Vir VandagVoorbeeld

Vreugde Vir Vandag

DAG 4 VAN 5

Sing tot eer van God

Vandag kan jy maar jou stem verhef en uit volle bors sing! Ja, laat jou stem opstyg na die hemel en God met ’n vreugdelied prys. Jy’t dalk nie die mooiste sangstem nie, maar daar’s niks in hierdie teksvers wat sê net begaafde sangers mag deelneem nie. Daar is trouens nie eens ’n oudisie nie. Die kwaliteit van jou sang maak nie in die minste saak nie. 

Dalk is jy by die werk of in die supermark, en dus nie op ’n plek waar jy net spontaan kan begin sing nie. Maar jy kán solank vir ander mense vertel van die wonderlike dinge wat God in jou lewe gedoen het. Jy is steeds in die perfekte posisie om God se liefde met die mense rondom jou te deel. Jy’s in die perfekte posisie om God te verheerlik vir die maniere waarop Hy vir jou en jou gesin voorsien. Ja, ja, die singery kan maar wag tot jy in die stort is – maar moenie terughou met stories oor God se liefde nie. Dit is musiek in sy ore. 

C.S. Lewis het gesê: “Die heerlikheid van God en, as die enigste manier tot ons beskikking om Hom te verheerlik, die redding van siele, is waaroor die lewe gaan.” 

Dalk loop ons nie heeldag rond met woorde soos “prys die Here!” op ons lippe nie – maar dalk behoort ons dit te doen! Hy is immers die Een wat die lewe onderhou en ons elke oggend ’n nuwe begin gee. Hy antwoord ons gebede en bestuur alle lewe op aarde op ongelooflike maniere wat ver bo ons begrip lê. 

Eer aan God! Een manier om God te verheerlik, is om sy kinders na Hom toe terug te lei. As ons iemand help om God se roepstem te beantwoord, het ons bygedra tot daardie persoon se saligmaking – en die Here verheerlik! 

In moeilike tye lei jou hart jou dalk na waarheid en begrip en word jou gees versterk. Loof die Here wanneer dit gebeur en sê vir Hom dankie vir jou werk en jou gesin en al die dinge wat jy doen en wat jou vreugde gee. Gee aan God die eer elke keer wanneer jy rede het om bly te wees oor iets, want dit is hoe Hy sy liefde vir jou sigbaar maak. Doen dit, en jy sal voel hoe vrede en tevredenheid oor jou siel neerdaal!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Vreugde Vir Vandag

Vreugde vir vandag se oordenkings nooi jou om jou kommer en sorge elke dag aan die Vader se voete neer te sit. Vind jou hoop en vreugde in Jesus Christus. In sy krag kan jy enige uitdaging oorkom – solank jy vashou aan Hom en sy beloftes. Laat God jou anker wees en vind jou vreugde in Hom. Hy wil vir jou goed wees en sy seën oor jou uitstort.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za