Vreugde Vir VandagVoorbeeld

Vreugde Vir Vandag

DAG 5 VAN 5

God seën jou voortdurend

Bemarkers is voortdurend besig om aan slim maniere te dink om groter aandag op hulle produkte te vestig en ons makliker tot koop om te haal. Soms hoef jy aanlyn ’n enkele knoppie te druk om sonder moeite inkopies te doen. 

Miskien sou God jou aandag kon trek met ’n “seëningknoppie”? Dalk sou dit jou inspireer om vir Hom dankie te sê vir sy ruimhartigheid en jou dwing om meer doelbewus van sy liefde te getuig. 

As jy ’n seëningknoppie gehad het … sou jy dit druk wanneer jy pas uit jou warm bed opgestaan het ná ’n heerlike nagrus? Sou jy die knoppie druk vir ’n stomende koppie koffie, en weer ’n keer vir ’n warm stort en skoon handdoek? Jy’s nog skaars tien minute lank wakker, of jy lê reeds op die knoppie. 

Jy verstaan wat ek probeer sê. God seën jou voortdurend. Gaan vandag na Hom toe, selfs voor jou eerste koppie koffie, en sê vir Hom dankie vir al jou seëninge. Iewers behoort daar ’n alarm in jou gedagtes te lui wat sê: “God seën my voortdurend!” Gee Hom die eer wat Hom toekom!

Dié bekende gebed in Numeri bly een van die kragtigste seënwense wat bestaan. Die eerste frase – “Die Here sal vir jou goed wees en vir jou sorg” – behoort trane in jou oë te bring omdat dit jou herinner aan hoe God jou in sy lewe innooi. Hy het gekies om vir jou goed te wees en vir jou te sorg. Hy seën jou en sorg vir jou, wat beteken dat Hy jou gered het en jou nog jou hele lewe lank beskerm, oor jou waak en jou onderhou. Hy hou jou vas en sal jou nooit laat los nie, want jy is sy kind. 

Wanneer God jou raaksien, beteken dit dat jy sy guns ontvang. Hy sien jou presies waar jy is en verbly Hom in jou. Dit beteken dat Hy sy liefdevolle Gees na jou toe uitstraal en vir jou vreugde bring. 

Die Here kyk ook na jou met sy Gees van Goddelike genade om jou te herinner dat jy nie sy liefde kan verdien nie. Jy ontvang sy seën suiwer omdat Hy dit deur sy guns en sy begeerte aan ’n verhouding met jou vir jou aanbied. 

Laastens bied die Here vir jou sy voorspoed sodat daar geen kommer en sorge in jou hart hoef te wees nie. Jy het rede om te glimlag, want die Here is by jou.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vreugde Vir Vandag

Vreugde vir vandag se oordenkings nooi jou om jou kommer en sorge elke dag aan die Vader se voete neer te sit. Vind jou hoop en vreugde in Jesus Christus. In sy krag kan jy enige uitdaging oorkom – solank jy vashou aan Hom en sy beloftes. Laat God jou anker wees en vind jou vreugde in Hom. Hy wil vir jou goed wees en sy seën oor jou uitstort.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za