Lewenslustig: 'n Lewe van OorvloedVoorbeeld
God se vermoë om sleg te verander in goed, pyn in vreugde, woestyne in tuine en 'n wildernis in iets oorvloedig is 'n tema in die Skrif wat nie oorbeklemtoon kan word nie. Ons moet onthou dat dit wat ons beskou as aaklig vanuit 'n aardse oogpunt dikwels die bron is waaruit God ons lot en ons doel skep. Dit wat ons glo ongelooflik verwoestend is, kan God omskep in 'n skouspelagtige wonderwerk. Dit is die krag en vindingrykheid van die God wat ons dien!
God het gewaarborg dat Hy 'n Weg-Skepper is en dat Hy 'n pad kan maak in die mees dorre tydperk van jou lewe. Hy kan jou wildernis gebruik as 'n kragtige wegspringpunt om jou tot binne in jou volgende opdrag to bevorder. Jou wildernis word nooit vermors wanneer jy in 'n vennootskap met God op jou lewensreis is nie.
Jou wildernis het die potensiaal om die mees doelgerigte en produktiewe plek te word wat jy nog ooit besoek het. Hoe gebeur dit? Dit gebeur wanneer jy weier om die probleme van die verlede of die herinneringe van gister saam te sleep na die glorie wat vandag vir jou inhou. As jy die kwessies waarop jou geskiedenis gebaseer is laat vaar, sal die Here 'n wonderwerk laat plaasvind in die droë areas van jou lewe.
Die Here het nooit ten doel gehad dat die wildernis jou gevange hou of vir jou verlede om jou te verlam nie. Die argiewe van jou lewe is bedoel om die beginpunt te wees vir bediening, vir deernis en vir hoop. Selfs 'n wildernis ervaring word omskep in 'n plek van ryke groei wanneer jy kies om 'n vennootskap met Hom te sluit eerder as met jou moedeloosheid. Ek kan jou verseker dat in die onvrugbare plekke van die lewe is God met jou net soos Hy met jou is wanneer die lewe vol en vrugtevol is.
Skoonheid groei net wanneer dit naby 'n ewige stroom water is; plantegroei floreer net wanneer dit geplant is by 'n aangrensende aktiewe bron van water. Jy, my vriend, sal slegs floreer in 'n direkte verhouding en nabyheid aan 'n fontein van Lewende Water. Al ons verfrissing kom van die Here af. In Hom is strome wat nooit sal opdroog nie. Hy is die geboorteplek van riviere en strome wat nooit sal ophou vloei nie, selfs deur tye van diepe pyn. Hy is jou voedsel, jou bron en jou vreugde.
Praktiese Toepassing:
Skryf aan Carol by carol@carolmcleodministries.com en laat haar weet hoe sy vir jou kan bid om 'n lewenslustige en oorvloedige lewe te leef.
Aangaande hierdie leesplan
Jy is geskep om 'n lewenslustige getuienis te wees van alles wat God is. Jou hart, en daarom ook jou lewe, is gemaak vir buitengewone oorvloed en vir stralende vreugde. Soos jy dieper delf in die beloftes in van die Woord van God, sal jou lewe die oorvloed van die Vader ten toon stel.
More