Lewenslustig: 'n Lewe van OorvloedVoorbeeld
So gereeld voel ons alleen in ons poging om 'n lewe te leef wat God vereer en aangename vrugte voortbring. Ons dink niemand sien ons geregverdigde pogings raak nie. Die profeet Jesaja het geweet dat God se mense aanmoediging sou nodig hê in hulle strewe om God te vereer. In Jesaja 51 bied hy woorde van hoop wat vandag steeds weerklink.
Hierdie pragtige Skrifgedeelte is so roerend dat my hart brand met onuitspreeklike hoop. Ons dien die God van alle troos, wat plesier put daaruit om sy mense te vertroos. Wanneer jy jou bevind in in 'n onvrugbare of droë tydperk in jou lewe, kom Hy na jou toe — nie om jou te beskuldig of te veroordeel nie, maar om jou te vertroos. Hy kom om gerusstellende woorde in jou ore te fluister en om sy arms in liefde om jou te sit. Hy vee jou trane af en genees jou gebrokenheid.
Wat jy ervaar as 'n tydperk van vermorsing in jou lewe, kan Hy verander in 'n welige en produktiewe tuin gevul met smaaklike vrugte en eksotiese blomme. Hy kan die droogste, mees dorre tydperk van jou hele lewe neem en dit verander in 'n plek waar jy saam met Hom in intieme gemeenskap kan verkeer. Sy tuin is nie net pragtig nie, dit is ook 'n plek van soete gemeenskap met jou Skepper.
Toe God se kinders verlos is van die slawerny van die Egiptenare, was hulle op pad na God se beloofde land. Omdat hulle egter gemurmureer en gekla het, het hulle veertig lang jare in die skroeiende hitte van die woestyn deurgebring. Selfs daar het God se kinders volkome voorsiening ontvang. Jy kan verseker wees dat die wildernis 'n plek kan wees van groei en waar jy kan leer om te vertrou en selfs kan leer om tevrede te wees.
Jy mag dalk dink dat jy vergete is in die wildernis en dat jy verdor is in die woestyn maar wanneer Hy opdaag, daag vreugde ook op. In sy teenwoordigheid “is daar oorvloedige blydskap” (Psalm 16:11); jy ontvang Hom nie sonder vreugde nie en jy ontvang nie vreugde sonder Hom nie. Jou lewensklimaat word rewolusionêr herskep deur sy teenwoordigheid en die blydskap wat Hy met Hom saambring. In die woestyn van jou lewe is die klank inspirerend en simfonies. Die lied wat Hy gee verdring die huilende winde van rampspoed en die weerklinkende gromme van die versamelende gediertes. Hy gee 'n ewige melodie wat nie deur pyn, storms, of bedreigings stilgemaak word nie. Sy melodie heers in jou!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Jy is geskep om 'n lewenslustige getuienis te wees van alles wat God is. Jou hart, en daarom ook jou lewe, is gemaak vir buitengewone oorvloed en vir stralende vreugde. Soos jy dieper delf in die beloftes in van die Woord van God, sal jou lewe die oorvloed van die Vader ten toon stel.
More