Lewenslustig: 'n Lewe van OorvloedVoorbeeld

Vibrant: A Life of Abundance

DAG 2 VAN 5

Een van die eerste Skrifgedeeltes wat ek as jong kind gememoriseer het, was Psalm 1. Hierdie lewegewende psalm het my deur baie uitdagende dae in die lewe gelei en is steeds 'n bron van beide troos en onderrig.

God het bepaal dat ons, as sy kinders, 'n ongewone lewe moet leef wat nie volgens die wêreld se verwagtinge normaal is nie. Dit is sy Goddelike wil en heilige behae om vir ons geestelike voedsel en lewenslus te bied selfs gedurende moeilike lewensdae. As kinders van God moet ons soos Bewysstuk A wees van hoe mense kan leef wanneer hulle hulself aan die ewige vloei van die Woord van God verbind. Die Woord van God het die vermoë om ons lewens op so 'n manier vrugbaar te maak, dat ons die begunstigdes van onverwagte oorvloed word!

Ons word dikwels versoek om ons vertroue in die dinge van die wêreld te plaas, soos byvoorbeeld in die politieke bestel, finansiële groei of die aanvaarding van ander. Al hierdie lewensterreine is egter tydelik en bied vir ons geen ewige seën nie. Ons moet al ons geloof in die Vader plaas wat buitengewone oorvloed in sy kweekhuis van aanwas kan bied.

Wanneer jy knus in sy teenwoordigheid vertoef met 'n houding van algehele en onderdanige oorgawe, sal jou wortels begin om diep te grawe in die planne en beloftes van die almagtige God. Selfs wanneer die lewe moeilik is en dit voel of jou omstandighede jou onderkry, sal jou lewe sprankelend en selfs vrugbaar bly. Jy sal aanhou om vreugde voort te bring wanneer almal ontmoedig is en jy sal voortdurend barmhartig wees wanneer ander wreed is. Jy sal vreedsaam wees selfs al word jou lewe stormagtig omver gewerp deur verskriklike omstandighede en jy sal geduldig wees wanneer dit lyk of jou gebede nie dadelik verhoor word nie.

Hoe gebeur dit? Wat verg dit om voortdurend vrugte voort te bring — selfs al is daar geen rede waarom dit natuurlik sal gebeur nie? Dit gebeur wanneer 'n man of 'n vrou genoeg vrymoedigheid het om die Here te vertrou vir daaglikse geestelike voedsel, vir absolute beskerming en vir toekomstige standvastigheid. Dit gebeur wanneer mense meer verbind is aan die beloftes van God as aan die pyn van hulle verlede.  

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life of Abundance

Jy is geskep om 'n lewenslustige getuienis te wees van alles wat God is. Jou hart, en daarom ook jou lewe, is gemaak vir buitengewone oorvloed en vir stralende vreugde. Soos jy dieper delf in die beloftes in van die Woord van God, sal jou lewe die oorvloed van die Vader ten toon stel.

More

Ons wil Whitaker House bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod