Lewenslustig: 'n Lewe van OorvloedVoorbeeld
Laat ek dit vir jou werklik maklik maak. Daar is twee kritieke keuses wat aanmekaar verbind is ... en tog is hulle verskillend. Jy moet besluit hoe jy gaan reageer op hierdie keuses voordat vreugde toegelaat word om aan jou deur te klop en voordat heilige doeleindes jou hand in vriendskap neem. Jy moet besluit:
• Sal ek voortgaan om op die Here te vertrou wanneer ek my omstandighede verafsku?
• Sal ek voortgaan om 'n seën vir ander te wees selfs al is my lewe moeilik?
Jou antwoord op enige van hierdie vrae weerspieël jou vlak van vertroue in jou Vader en jou Skepper. Wanneer jy op die Here vertrou, het jy jou hoop en vertroue geheel en al op die Here geplaas. Omdat jy gekies het om hierdie dinamiese keuse te maak, weet jy dat jy veilig is en dat jy niks het om te vrees nie.
Wanneer jy al jou vertroue in God plaas, nie in jouself of in wêreldstelsels nie, sal jy soos 'n boom wees wat by 'n borrelende, bruisende stroom geplant is, sodat jy niks sal vrees wanneer die skroeiende tydperke van die lewe na jou kant toe kom nie. Omstandighede sal nie kan kers vashou by jou oorweldigende vertroue in jou goeie, goeie Vader nie. Jy sal so bewus wees van Hom en van sy sorg dat jou fisiese lewensomstandighede glad geen effek op jou groeitydperk sal hê nie.
God se genade is die bemesting wat ons "nie genoeg nie" kan verander in "meer as genoeg". Ek glo dat God ons aanmoedig, selfs wanneer die vure van verdrukking skroei en daar geen sigbare beskerming is nie. God se genade wat by ons ontoereikendheid gevoeg word, word 'n welige plek van groei wanneer ons dit met vrygewigheid bemes.
Jou vermoë om 'n lewe van ongewone hoop en onbeheerbare vreugde te leef, is nie aan jou omstandighede verbind nie, maar aan jou keuses. So baie mense ploeter deur hulle tyd hier op aarde en verwag dat 'n pragtige lewe aan hulle gegee moet word, terwyl ander vasberade is om 'n lewe van prag te skep ten spyte van hulle pyn. Daar is mense wat geregtig voel op vriendelikheid terwyl daar ander is wat eenvoudig net vriendelik is. Daar is diegene wat aanneem dat elke lewensomstandigheid 'n gemaklike lewe tot gevolg sal hê en mense wie se hoofdoel dit is om die lewens van ander makliker te maak.
Aangaande hierdie leesplan
Jy is geskep om 'n lewenslustige getuienis te wees van alles wat God is. Jou hart, en daarom ook jou lewe, is gemaak vir buitengewone oorvloed en vir stralende vreugde. Soos jy dieper delf in die beloftes in van die Woord van God, sal jou lewe die oorvloed van die Vader ten toon stel.
More