Hoop vir VandagVoorbeeld
Heerlikheid in die hemel
Paulus raai die gemeente in Rome aan om met blydskap uit te sien na dié dag wanneer God alles nuut sal maak, om nie moed te verloor in swaarkrytye nie en om aan te hou bid.
Maak dit jóú leuse om jou in die hoop te verbly en aan God vas te hou in krisistye. Christene kan swaarkry baie beter verwerk as ongelowiges, omdat hulle met hoop in hulle hart lewe; hoop op die heerlikheid wat vir hulle in die hemel wag.
Solank daar nog hoop is, is dit net die lafaard wat moed opgee. (BERTRAND RUSSELL)
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons almal kort soms ’n ekstra skoot hoop vir ’n harde dag, moeilike situasies of konstante uitdagings wat jou wil-wil onderkry. Hierdie 10 kort, verkwikkende oordenkings sal jou help om te onthou hoe kosbaar God se hoop is waaraan jy elke dag kan vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR VANDAG deur Nina Smit.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za