Hoop vir VandagVoorbeeld
Bly hoop
Abraham weet dat God se belofte van ’n nageslag nie meer vervul kan word nie. Nie hy óf sy vrou kan meer kinders hê nie. Tog weier hy om hoop op te gee en bly hy glo dat God se belofte waar sal word, wat dan ook gebeur.
As jy soos Abraham kan bly hoop, ook al lyk dit vir jou of daar geen hoop meer is nie, sal jy soos hy die vrug van jou geloof pluk op die tyd wat God bepaal het.
Hoop word gebore daar waar ’n mens bo jou eie wanhoop uitstyg deur betrokke te raak by die vreugde en pyn van ander. (JÜRGEN MOLTMANN)
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons almal kort soms ’n ekstra skoot hoop vir ’n harde dag, moeilike situasies of konstante uitdagings wat jou wil-wil onderkry. Hierdie 10 kort, verkwikkende oordenkings sal jou help om te onthou hoe kosbaar God se hoop is waaraan jy elke dag kan vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR VANDAG deur Nina Smit.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za