Hoop vir VandagVoorbeeld
![Hoop vir Vandag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24124%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hoop is sinvol
God is die bron van ons hoop. Ons weet dat Hy op die ou end alles vir ons goed sal laat afloop. En sy Heilige Gees wat in ons woon, maak hierdie hoop al hoe sterker en vervul ons terselfdertyd met sy vreugde en vrede.
Al gaan dit ook hóé sleg met jou, jy kan altyd bly hoop op God. Om te hoop is sinvol; elke jaar kom die lente ná die winter, die helder môre volg ná die donker nag, en eendag ná die dood wag die hemel vir jou.
Hou vas aan die lewe, hou vas aan die hoop. En op ’n dag sal die lig weer begin skyn. (IL DE VILLIERS)
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Hoop vir Vandag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24124%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons almal kort soms ’n ekstra skoot hoop vir ’n harde dag, moeilike situasies of konstante uitdagings wat jou wil-wil onderkry. Hierdie 10 kort, verkwikkende oordenkings sal jou help om te onthou hoe kosbaar God se hoop is waaraan jy elke dag kan vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR VANDAG deur Nina Smit.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za