Hoop vir VandagVoorbeeld
![Hoop vir Vandag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24124%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hoop
Ons sê graag sien is glo. Maar God wil hê sy kinders moet op dié dinge hoop wat hulle nog nie kan sien nie. Dat hulle só seker van sy beloftes is, dat hulle daaraan sal vashou, alhoewel dit nog nie vir hulle vervul is nie.
Hoop is die vaste vertroue dat dié dinge wat jy baie graag wil hê eendag ’n werklikheid sal word. En hoop op God kan nooit beskaam nie. Volhard in jou hoop, selfs al lyk dit vir jou of dinge heeltemal skeefloop.
Hoop is geduld wat sy lampie by God se lig aangesteek het. (TERTULLIANUS)
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Hoop vir Vandag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24124%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons almal kort soms ’n ekstra skoot hoop vir ’n harde dag, moeilike situasies of konstante uitdagings wat jou wil-wil onderkry. Hierdie 10 kort, verkwikkende oordenkings sal jou help om te onthou hoe kosbaar God se hoop is waaraan jy elke dag kan vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR VANDAG deur Nina Smit.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za