In gesprek met my HereVoorbeeld

In gesprek met my Here

DAG 6 VAN 15

God weet wat jy nodig het

Wanneer Jesus sy dissipels leer hoe om te bid, sê Hy dat hulle nie baie woorde hoef te gebruik om met God te praat nie omdat Hy reeds weet wat hulle nodig het. Miskien het jy al gewonder of dit dan hoegenaamd sin maak om wél te bid as God reeds weet wat jy vir Hom wil sê. 

“Ons bid nie om vir God dinge te vertel wat Hy nie weet nie, óf om Hom aan dinge te herinner waarvan Hy vergeet het nie,” sê Tim Stafford in die boek Prayer. “Hy gee alreeds om vir dié dinge waarvoor ons bid. Hy het eenvoudig vir ons gewag om sáám met Hom vir hierdie dinge om te gee. Wanneer ons bid, staan ons langs God en kyk saam met Hom na dié mense en probleme vir wie ons wil intree.”

Wanneer jy bid, hoef jy dus nooit vir God te probeer beïndruk met jou mooi gebede nie. Jy hoef ook nie sleg te voel as jou gebede nie lank en ingewikkeld is nie. Al wat God van jou vra wanneer jy met Hom in gesprek tree, is dat jou verhouding met Hom reg sal wees en dat jy met Hom dié dinge sal deel wat in jou hart is.

Hemelse Vader, dankie dat ek U nooit hoef te probeer beïndruk met my gebede nie, omdat U reeds weet wat ek nodig het nog voordat ek dit van U kan vra. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

In gesprek met my Here

Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n positiewe inspuiting vir jou gebedslewe! Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N LEWE NABY GOD deur Nina Smit.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za