Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 11 VAN 29

Ons Verlede is Vergewe

Lees: Romeine 8:1-2; Galasiërs 5:1

SOAP

Romeine 8:1-2

Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.

Oordenking

Romeine 8:1-2 bevat miskien van die mooiste woorde in die hele Skrif. Dit beteken dat Jesus jou hele verlede geneem het, die boete namens jou betaal het en jou nou as regverdig beskou. Jy het 'n skoon lei; elke dag is 'n nuwe begin.

Daar is aardse gevolge vir ons optrede en woorde, maar ons siele word nie meer veroordeel nie; die toorn van God brand nie teenoor ons nie. Jesus het dit alles reeds hanteer. Dit hou geen krag nie. Moenie toelaat dat jou verlede jou beheer nie. As Jesus jou vergewe het, kan jy jouself vergewe. Wanneer ons vol vertroue voor God kan staan, vol vertroue in sy vergifnis, kan ons vergifnis en genade aan ander bied.

Ons verlede is vergewe, ongeag wat daarin mag lê. Ons kan rus in die vryheid wat ons in Christus het. Ons word nie met skande bedek nie, want Christus het ons skande vir ons gedra. Ons kan leef in die vertroue dat ons vry is van sonde, terwyl ons vasstaan teen versoeking, omdat ons sy vryheid ontvang het.

Gebed

Here, ek weet dat U my sondes vergewe het, tog sukkel ek steeds met ongeloof wanneer ek dink aan sommige van die verskriklike dinge wat ek gedoen en gesê het. Help my om te glo dat U groter is as my sonde en dat u vergifnis geheel en al volkome is. Amen.

  

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com