Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 10 VAN 29

Naomi en die Skande van Vorige Besluite

Lees: Rut 1; Jeremia 31:3-4

SOAP

Jeremia 31:3-4

Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra. Ek sal aan jou kinders gee, Israel, jy sal kinders in die wêreld bring. Jy sal weer jou tamboeryne dra, jy sal uitgaan om te dans saam met dié wat bly is.

Oordenking

Naomi het 'n verlede gehad wat gevul was met verlies. Haar verlede was moeilik; haar man en seuns is op 'n jong ouderdom oorlede en sy het alleen agtergebly. Haar lewe, wat eens vol was, was skielik dolleeg. Sy het met haar skoondogter Rut as enigste metgesel na haar tuisdorp teruggekeer.

Die woorde van Jeremia herinner ons daaraan dat, selfs wanneer ons ver van God af voel, wanneer dit voel asof Hy ons verlaat het of ongeluk oor ons laat kom het, Hy steeds aan die werk is. Hy is altyd lief vir ons en poog altyd om ons harte terug te bring na Hom. Hy is 'n God wat herstel, herbou en verlos, ongeag ons omstandighede.

God is altyd aan die werk, veral in die lewens van gelowiges, en gebruik gebeure, mense, verliese, mislukkings en ander ontberinge ten goede. Selfs al het dit haar 'n tydjie geneem om dit te sien, het God Naomi met sy goedheid oorlaai. Sy genade het haar skande bedek, haar lewe herstel en haar meer gegee as wat sy ooit kon dink.

Gebed

Here, U is 'n goeie God wat alles neem wat ek het, sowel die goeie as die slegte, om dit tot my beswil en u eer te gebruik. Ek verstaan ​​miskien nie hoe U werk nie, maar help my om te vertrou dat dit waar is. Amen.

  

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com