Verlos Van SkandeVoorbeeld
Skoonheid in Gebrokenheid
Lees: Jesaja 50:7; 2 Korintiërs 4:10-12
SOAP
2 Korintiërs 4:10-12
Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam. Voortdurend word ons wat lewe, ter wille van Jesus uitgelewer aan die dood, sodat ook in ons sterflike bestaan die lewe van Jesus sigbaar kan word.
Oordenking
Glo dit of nie, daar is skoonheid in ons gebrokenheid. Selfs in ons mislukking is daar skoonheid te vind omdat God red. Hy neem ons en verander ons, sodat ons geleidelik meer lyk soos ons Verlosser. Soos Hy ons herstel, werk Hy deur ons, en so word sy krag vertoon. Ons kan moeilike dinge doen omdat Hy ons sy krag gee, ons kan vrede ervaar te midde van die swaarkry, omdat Hy ons sy vrede gee. Alles wat ons kortkom, voorsien Hy.
Ons is miskien gebroke, maar ons is nie verlore nie. Ons is geliefd en genees, ons word versorg en verander. Ons gebrokenheid is soms oorweldigend, maar God is groter, en Hy kan ons van ons gebrokenheid verlos.
Om die dood van Christus in ons te dra, beteken om te leef met die konstante wete van wat Hy vir ons gedoen het. Hy woon in ons deur die Heilige Gees en gee ons dieselfde oorwinning oor sonde en dood as wat Hy gehad het toe God Hom uit die dood opgewek het. Sy lewe en krag werk elke dag in ons, in elke omstandigheid.
Gebed
Here, ek is verbaas oor U liefde vir die gebrokenes. U het baie gedoen om my te red en nou werk U om u beeld in my te herstel. Help my om dankbaar te wees vir my gebrokenheid en op U te steun vir alles wat ek nodig het. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com