Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 18 VAN 29

Gelei tot Bekering

Lees: 2 Samuel 12:13; Romeine 3:23-24; 2 Korintiërs 7:10-11

SOAP

Romeine 3:23-24

Almal het gesondig en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

Oordenking

Opregte berou bring vryheid. Dit maak ons harte sagter teenoor God en erken dat ons verkeerd gedoen het. Die Here erken opregte berou en Hy vergewe. Hy hou nooit ou sondes teen ons nie. Ons sonde is ten volle bedek deur die bloed van Jesus. 

Ten spyte van Dawid se sonde, het hy die afskuwelikheid gesien van wat hy gedoen het en hy was bedroef daaroor. As Dawid vergewe en herstel kon word, kan elkeen van ons ook. Dit maak nie saak hoe groot ons sonde is nie, ons kan dit bely en die Here vra om ons te help om ons sondes en versoekings te oorkom. Ons sal nooit volmaak wees in hierdie lewe nie, maar ons kan groei in godsaligheid, herstel word na groot mislukkings en 'n lewe lei wat God verheerlik. 

Ons skiet almal tekort aan die standaard waartoe Hy ons geroep het. Maar dit is presies waarom Hy sy Seun, Jesus Christus, gestuur het. Ons kan nooit aan die heerlikheid van God voldoen nie. Ons kry redding as 'n gratis geskenk van God deur die verlossing wat ons in Christus het. Hy alleen het dit gedoen! Wanneer ons ons sonde bely en sy vergifnis vra, aanvaar ons gewilliglik sy gratis gawe van genade en redding. 

Gebed

Here, my sondes is baie, maar u genade is groter. U vergifnis bedek alles. Help my om die erns van my sonde te sien en help my om dit te bely. Vorm my meer na u Beeld sodat ek u Naam beter kan verheerlik. Amen.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com