Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 21 VAN 29

Die Vrou wat aan Bloedvloeiing Gely het en die Skande van Siekte

Lees: Markus 5:25-34; Johannes 14:1; Jesaja 61:7

SOAP

Jesaja 61:7

In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore, 

in plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. 

Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore 

en julle sal altyd vreugde hê. 

Oordenking

Kan jy jouself voorstel om jare aaneen te bloei, nie te weet wat verkeerd is nie en nie ‘n geneesmiddel te hê nie? Boonop was sy as onrein beskou, nie in staat om deel van die gemeenskap te wees, aanbiddings by te woon of selfs iemand anders aan te raak nie. 

Hierdie vrou is ‘n voorbeeld van iemand met groot geloof. Alhoewel sy nie selfversekerd of miskien selfs waardig gevoel het om met Jesus te praat en om genesing te vra nie, het sy geglo dat sy genees sou word as sy aan die soom van sy kleed sou raak. Wat ‘n wonderlike oomblik, om genees te word en om te hoor dat Jesus erkenning gee aan jou geloof. Dit het haar lewe fisies, geestelik en sosiaal verander. God het nie net haar liggaamlike lyding genees nie, maar deur haar vorentoe te roep, het Hy haar in haar gemeenskap laat terugkeer en haar skoon verklaar. 

Hoe verseker is jy dat God wonderlike dinge in jou lewe kan laat gebeur? Vra Hom om jou die geloof te gee om te glo dat Hy meer as wat jy ooit kan vra, kan doen. Selfs in ons kwesbaarste situasies kan God enige situasie oorkom en verlos. 

Gebed

Here, my geloof is nie naastenby so sterk soos dit moet wees nie. Ek twyfel te veel en ek sukkel om vir U te vra om op groot maniere te werk want ek sukkel met onsekerheid. Gee my die soort geloof wat hierdie vrou gehad het en laat my dapper optree. Amen.

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com