Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 26 VAN 29

Petrus en die Skande van Ontrouheid

Lees: Lukas 22:31-62; Johannes 21:7-19; 2 Timoteus 2:13

SOAP

Lukas 22:31-32

“Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif.  Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.” 

Oordenking

Het jy al ooit na iemand se sonde gekyk en gedink: "ek sal dit nooit doen nie"? Ek is seker Petrus het nooit gedink dat hy die een sou wees wat Jesus sou veraai nie. Hy het soveel passie vir die Here en vir sy bediening gehad. Toe Jesus vir Petrus vertel het dat hy Hom sou verraai, nie net een keer nie, maar drie keer, kon Petrus dit nie glo nie. Toe die tyd aanbreek, was dit presies wat gebeur het. Petrus het baie vinnig ontrou geraak aan die Een waaraan hy sy getrouheid belowe het.

Ons is nie anders as Petrus nie. Ons het die vermoë om sondes te doen wat ons nooit gedink het ons sou nie. Ons is nie beter as Petrus nie en kan onsself baie maklik bevind waar ons self ook vir Jesus verraai. Maar selfs in daardie aaklige mislukking, het Jesus nie vir Petrus verlaat nie. Hy het gebid vir Petrus, en hom weer herstel na sy fout. Hy bid vir ons ook (Heb. 7:25) en herstel ons wanneer ons tekortskiet (1 Pet. 5:10-11).

Selfs in ons ontrouheid aan Hom, bly God altyd getrou aan ons. Hy vergewe ons ons sonde en herstel ons. Hy is onvoorwaardelik lief vir ons, maak nie saak wat ons doen of nalaat om te doen nie. Hy is ons Vader en ons is sy kinders.

Gebed

O Heer, gee my asseblief die nederigheid om te weet dat ek maklik in allerlei sondes kan verval, veral in die sonde van ontrouheid. Help my om daagliks te dink aan u liefde, geduld en vergifnis en gee aan my die begeerte om U te volg, al die dae van my lewe. Amen.

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com