Verlos Van SkandeVoorbeeld
Bartimeus en die Skande van Afhanklikheid
Lees: Markus 10:46-52; Psalms 121:1-2; Hebreërs 12:2
SOAP
Hebreërs 12:2
... die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.
Oordenking
Die verhaal van Bartimeus is ‘n pragtige verhaal van geloof en genesing. Sy hele lewe lank was Bartimeus blind en is hy soos ‘n buitestander behandel. Bartimeus was van ander afhanklik omdat hy blind was. Toe Jesus verbykom, het Bartimeus na Jesus uitgeroep en vir ontferming gepleit. Die mense het met Bartimeus geraas omdat hy na Hom uitgeroep het.
Baie het gedink die blinde, gebroke man is nie Jesus se tyd werd nie. Jesus het egter vir Bartimeus genees en daarmee sy mag en deernis getoon. Jesus aanvaar ons net soos ons is, maar hy hou nooit op om ons te vernuwe nie. Niemand verdien God se reddende liefde nie, en tog het Hy ons nogtans verlos.
Wanneer ons, net soos Bartimeus, ons oë op Jesus vestig, kan ons groot vreugde vind. Jesus het voor ons uit gegaan, en die skande en foltering aan die kruis namens ons verduur. Hy het ons die vryheid gegee om ons lewens volkome toegewy aan Hom te leef. Mag ons, soos Bartimeus, die skande of gebrokenheid of sonde wat ons probeer terughou, afgooi en voluit agter Hom aan hardloop.
Gebed
Here, help my om dankbaar te wees vir die verlossing wat ek het en om ‘n begeerte te hê dat almal gered sal word, selfs hulle wat deur die wêreld onwaardig geag word. Herinner my dat ek u genade nie waardig is nie. Dankie dat U my nogtans met u genade toegooi. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com