Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 12 VAN 29

Gideon en die Skande van Swakheid

Lees: Rigters 6:11-18; 2 Korintiërs 10:3-5; Filippense 1:20

SOAP

Rigters 6:12

Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: “Die Here is by jou, dapper man!” 

Filippense 1:20

Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, 

Oordenking

God het 'n groot roeping vir Gideon gehad, maar Gideon het nie opgewasse gevoel vir hierdie taak nie. Hy was oorweldig deur sy swakheid en sy beperkings. Hoe kon hy alles doen wat God van hom gevra het? Ek is seker ons het almal al een of ander tyd so gevoel.

Ons word geroep om moeilike dinge te doen, van ouerskap, tot die huwelik, tot vriendskap, tot 'n goddelike lewe in 'n goddelose wêreld. Al hierdie dinge is uitdagend en openbaar ons swakhede en beperkings. Ons kan enigiets wat Hy van ons vra met selfvertroue benader, in die wete dat Hy by ons is en reeds voor ons uitgegaan het.

God het belowe om by Gideon te wees, en Hy belowe dieselfde vir ons. Hy is met ons om ons krag te gee wanneer ons moeg voel, wysheid te gee wanneer ons nie weet wat om te doen nie. Hy is naby, sodat ons tot Hom kan roep, Hom kan loof en ons verwarring met Hom kan deel. Hy is altyd daar, altyd gereed om te help en altyd gereed om te troos.

Gebed

Here, U is altyd naby my, tog vergeet ek dit. Ek verstaan ​​nie regtig wat dit beteken nie, maar ek kan U vertrou. Help my om die gawe van u nabyheid te sien. Help my om my krag in U te vind, sodat ek die dinge waarvoor U my geroep het, met selfvertroue kan doen. Amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com