KERSFEES: God se Reddingsplan VerwesenlikVoorbeeld

CHRISTMAS: God's Rescue Plan Realised

DAG 6 VAN 14

Om 'n Christen te wees, beteken nie dat ons die angs en frustrasies van die lewe vryspring nie. Probleme kan só groot voorkom dat ons soms voel dat ons niks kan doen nie. Ons kan optree soos hase wat in kopligte vasgevang word — en voel dat ons nie kan beweeg nie.

Josef het dalk só gevoel. Die vrou met wie hy sou trou, het klaarblyklik gemeenskap met 'n ander man gehad. 

Josef, hoewel diep seergemaak, probeer om die eerbare ding te doen en stilletjies die verlowing te verbreek. Dit moes stilweg gedoen word, want as dit in die openbaar bekend sou word dat Maria egbreuk gepleeg het, kon sy met klippe doodgegooi word.

Josef het te staan gekom voor dít wat waarskynlik die grootste teleurstelling van sy lewe was. In sy verdriet het hy geen idee gehad dat die hemele asem ophou in gretige afwagting van die grootste gebeurtenis in die geskiedenis om te ontvou nie — die koms van God na die aarde. Wat vanuit 'n aardse perspektief na 'n tragedie gelyk het, was eintlik God se glorieryke inisiatief.

Daarom: betrek God by jou hartseer … en kyk wat God doen.

Gebed

Liewe Vader,

U doelwitte sal uiteindelik seëvier. U het belowe om elke traan van ons oë af te vee. Daarom plaas ek my lewe en my hartseer in u hande.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

CHRISTMAS: God's Rescue Plan Realised

Die valse gode wat deur die mensdom bedink is om definisie te gee aan 'n god wat hulle geweet het moet bestaan, was nie verbasend nie ... baie soos die mensdom. Hulle moes deur dade van toewyding oorgehaal en omgekoop word om van ons kennis te neem. Die een ware God het egter die inisiatief geneem en ons uitgesoek — om ons na Homself terug te red. Dit is die Kersverhaal.

More

Bybelgenootskap van Australië