KERSFEES: God se Reddingsplan VerwesenlikVoorbeeld

Dit lyk of sterre beweeg wanneer hulle van die aarde af gesien word. Hulle beweeg egter nie naastenby soveel oor die naghemel soos die planete in ons sonnestelsel nie. Ons sien hierdie planete as helder sterre. Soms (as gevolg van ons wentelbaan relatief tot die wentelbane van ander planete), lyk dit of hierdie planete van rigting verander deur wat sterrekundiges 'n "retrograde beweging" noem, m.a.w. dit kom voor asof hulle agteruit beweeg.
Op 27 Augustus in die jaar 2 v.C. het vier planete (insluitend Mars, Jupiter en Venus) bymekaargekom om 'n baie helder ster in die konstellasie van die Leeu te vorm. Dit het 'n kragtige nuwe begin aangedui. Wat baie interessant is, is dat dit toe voorgekom het asof Jupiter weggeskeur het van die ander sterre en sy reis na die weste voortgesit het (wat die wyse manne van Persië na Jerusalem sou gelei het) — totdat dit vir ses dae in die sterrebeeld van die Maagd stilgestaan het.
Raai op watter datum dit die eerste keer stilgestaan het.
Dit was die 25ste Desember, toevallig die dag waarop ons nou Christus se geboorte vier.
Gebed
Liewe Here,
U is wonderlik. U het u grootheid in die heelal geskryf, en ons uitgenooi om dit te sien.
Ek sien dit, Here … en wat ek sien, het my gelei om u Seun, Jesus, te vind.
Dankie, my Here en my God.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die valse gode wat deur die mensdom bedink is om definisie te gee aan 'n god wat hulle geweet het moet bestaan, was nie verbasend nie ... baie soos die mensdom. Hulle moes deur dade van toewyding oorgehaal en omgekoop word om van ons kennis te neem. Die een ware God het egter die inisiatief geneem en ons uitgesoek — om ons na Homself terug te red. Dit is die Kersverhaal.
More
Verwante Leesplanne

Staan weer op

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Delf dieper deur Romeine
