KERSFEES: God se Reddingsplan VerwesenlikVoorbeeld

Wat was die leidraad wat God aan die herders gegee het wat vir hulle sou aandui dat hulle Jesus gevind het?
Dit was dat hulle Jesus sou vind — God in menslike vorm; God van die heelal en ondenkbare wonders; God van oneindige krag en heerlikheid — in doeke toegedraai en in 'n dier se voerbak neergelê.
Wat sê dit vir jou van die moeite wat God sal doen om gewone mense soos jy te bereik? Daar is geen moddersloot waardeur God nie sal kruip om jou terug na Hom te bevry nie.
Palestynse herders was 'n veragte subklas van die samelewing. Die feit is egter: hierdie herders, so deur die samelewing verag, het Jesus se eerste sendelinge geword. Met ander woorde: 'n ware ontmoeting met Jesus het herders in sendelinge verander.
Laat dieselfde met jou gebeur.
Gebed
Hemelse Vader,
Ek wil Jesus vind — volkome en geheel en al. Ek wil Hom vind en so herskep word dat ek ook sy sendeling in my gemeenskap word.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die valse gode wat deur die mensdom bedink is om definisie te gee aan 'n god wat hulle geweet het moet bestaan, was nie verbasend nie ... baie soos die mensdom. Hulle moes deur dade van toewyding oorgehaal en omgekoop word om van ons kennis te neem. Die een ware God het egter die inisiatief geneem en ons uitgesoek — om ons na Homself terug te red. Dit is die Kersverhaal.
More
Verwante Leesplanne

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Staan weer op

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Delf dieper deur Romeine

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Voltydse Volharding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
