KERSFEES: God se Reddingsplan VerwesenlikVoorbeeld

CHRISTMAS: God's Rescue Plan Realised

DAG 4 VAN 14

Wat is die betekenis daarvan dat Maria 'n maagd was? Hoekom is dit belangrik?

Die evangelieskrywer, Lukas, het geweet dat hy, deur te beklemtoon dat Maria 'n maagd was, drie vroeë aanslae op die Christendom sou beantwoord:

  1. Dit sou die Joodse aanval op die Christendom weerlê dat Jesus nie spesiaal was nie. (Christene het beweer dat die profesie in Jesaja 7:14 'n profesie oor Jesus is: "Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem").
  2. Dit sou die Doketiese oortuiging weerlê wat beweer het dat Jesus nie werklik mens was nie. (Dit het dit duidelik gemaak dat Jesus uit 'n vrou gebore is).
  3. Dit sou die teorie oor Adopsianisme weerlê wat gesê het dat Jesus nie spesiaal was totdat hy deur God "aangeneem" is toe Hy 'n volwassene was nie.

Met ander woorde, die maagdelike geboorte leer dat Jesus spesiaal is, mens was en God se vóórafbepaalde gawe aan die mensdom is.

Sonder gelyke: deur te bepaal dat 'n maagd geboorte sou gee aan die Messias, het God bewerkstellig dat die onmoontlike moontlik sou word deur die werking van sy Gees. 

Hy doen vandag nog dieselfde.

Gebed

Liewe Vader,

Dit is vir my onmoontlik om te dink hoe ek 'n kind van U kan wees, deur wie alles moontlik is.

Ek eer U vir die voorreg hiervan, en vra dat ek u doel vir my lewe mag vervul.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

CHRISTMAS: God's Rescue Plan Realised

Die valse gode wat deur die mensdom bedink is om definisie te gee aan 'n god wat hulle geweet het moet bestaan, was nie verbasend nie ... baie soos die mensdom. Hulle moes deur dade van toewyding oorgehaal en omgekoop word om van ons kennis te neem. Die een ware God het egter die inisiatief geneem en ons uitgesoek — om ons na Homself terug te red. Dit is die Kersverhaal.

More

Bybelgenootskap van Australië