Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

DAG 8 VAN 19

God Is My Deel 

Psalm 16:6 (AFR83)

'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.

Die woord "porsie" word meestal gedurende ons etenstye gebruik, soos wanneer jy 'n groter porsie appelpastei wil hê as jou suster of broer. Volgens die woordeboek beteken gedeelte 'n deel van 'n geheel of 'n persoon se lot. Bestemming beteken wat met iemand in die toekoms sal gebeur. 

Toe Dawid gesê het dat God sy deel is, en Hy sy deel veilig gemaak het, beteken dit dat Hy God die grootste deel van sy lewe laat neem het sodat sy toekoms seker kan wees. Vir Dawid was God die bron van sy hoop om sodoende sy doelwit vir die toekoms te kon bereik.

Wat is die doelwit vir jou toekoms? Miskien is jou doel om medies te gaan studeer, derhalwe doen jy meer moeite met jou werk en studies. Dalk is jou doel om 'n professionele rugbyspeler te wees, dus bestee jy ekstra tyd aan opleiding en oefening. 

Ongeag wat jou doelwit is, het jy besluit om God die grootste deel van jou lewe te gee? As jy dit gedoen het, baie geluk! Jou toekoms sal dus veilig wees.

Gebed

Liewe Vader, U is my deel en my hoop. Ek kan môre aanpak want U is die Een wat die toekoms in u hande hou. Amen. 

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing is vir hulle lewe. Uiteindelik sal hierdie oordenking hulle lei om daagliks in God se weë te lewe.

More

Baie dankie aan Bethany Church (Singapore) wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.bcs.org.sg/kidsdevotion