Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

DAG 7 VAN 19

Daar Is God

Genesis 1:1

In die begin het God die hemel en die aarde geskep.

Het jy al ooit God se bestaan begin betwyfel? Jy het begin om jouself te vra: "Bestaan God werklik?"

Psalm 14:1 sê dat om God te ontken algemeen gebaseer is op die begeerte om 'n goddelose lewe, vol korrupsie en kwaad te lei. Dit is 'n gebrek aan regverdigheid wat daartoe lei dat 'n persoon sy geloof in God verwerp. Sommige mense verwerp eenvoudig die idee van God geheel en al, net om 'n skuldige gewete te vermy.

Die bewys van God se oorvloedige genade is oral om jou. Kyk na die wêreld in al sy heerlikheid en skoonheid. Hierdie wêreld is 'n wêreld van orde en akkuraatheid. Gaan staan soms buite op 'n helder nag en kyk op na die maan, die sterre en die melkweg. 'n Magtige Hand het hulle daar geplaas, en daardie Hand het hulle daar gehou van die begin af toe Hy hulle geskape het.

Kyk vir 'n oomblik terug in jou lewe na die wonderlike dinge wat God gedoen het. Daar sal slegs een slotsom wees: Daar is 'n God, en Hy is goed.

Gebed

Liewe Vader, vergewe my vir die kere wat ek aan u liefde getwyfel het en u werk in my lewe bevraagteken het. Gee my oë om te sien wie U is, en gee my geloof om U meer te vertrou. Amen. 

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Bible Explorer for the Young (Psalm - Part 1)

Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing is vir hulle lewe. Uiteindelik sal hierdie oordenking hulle lei om daagliks in God se weë te lewe.

More

Baie dankie aan Bethany Church (Singapore) wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.bcs.org.sg/kidsdevotion