Bybelondersoeker vir die Jongmens (Psalm – Deel 1)Voorbeeld
God Is My Toevlug
Psalm 5:12a
Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel.
Hierdie pragtige Psalm is geskryf deur koning Dawid toe hy by verskeie geleenthede aangeval is. Toe hy aangeval is, het hy sy toevlug deur gebed by God gevind. Wanneer jy aangeval word, sal die eerste ding wat jy graag sou wou doen, wees om wraak te neem. Maar, net soos Dawid, bring jou pyn in eerlike en opregte gebed na God toe. God het na een en elkeen van jou gebede geluister!
Toe Dawid aangeval is, het hy sy vertroue in God as sy toevlug gestel. Koning Dawid het God se karakter geken. Hy het geglo dat sy regverdige God namens hom sou optree. Hy het volle vertroue gehad dat God hom sou verlos van diegene wat hom aangeval het.
God is 'n toevlug vir diegene wat Hom liefhet en vertrou. Die woordeboek sê dat 'n "toevlug" 'n plek is wat skuiling of beskerming bied. "God is jou toevlug" beteken dat God jou sal beskerm teen vyande en die bose. Laat ons bly en vreugdevol wees in God, want Hy sal nie toelaat dat enigiets sleg en boos jou aanraak nie.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my toevlug is waar ek my oorwinning vind. Ek verbly my in hierdie wonderbare genade. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan sal jong lesers daagliks deur die Bybel lei. Nuwe insig sal verkry word deur die bondige en kindervriendelike oordenking. Kinders sal verstaan dat elke deel van die Bybel betekenisvol en van toepassing is vir hulle lewe. Uiteindelik sal hierdie oordenking hulle lei om daagliks in God se weë te lewe.
More