Ons God RegeerVoorbeeld
Hoop het die vermoë om ons van ons angs oor politiek en wette in enige omstandigheid te verlig. In elke Bybelverhaal ontmoet ons mense wat vol hoop was dat God hulle sou verlos (Jeremia 29:11). Hoop is in werklikheid 'n gevoel van vertroue.
Ons gebruik hoop om hierdie vyf dae op te som waarin ons geleer het om op Jesus staat te maak, ongeag presidente, regeerders of regerings. Die woordeboek definieer hoop as:
1. 'n Begeerte en verwagting dat dinge in die toekoms goed sal gaan
2. Om met vertroue te verwag
Ons hoop is verseker. Jesus het reeds sonde en die dood oorwin. Ons hoop is die ewige lewe in Jesus Christus ons Here (Romeine 6:23). Hy het die loon wat die sonde gee vir ons betaal en daardeur vir ons die genadegawe van God gegee wat die ewige lewe in Christus Jesus ons Here is.
Hoop dra ons deur die moeilikste tye. Hoop glo dat Jesus alles ten goede laat meewerk (Romeine 8:28). Hoop verwag dat Jesus uit die hemel sal terugkom om ons van die komende oordeel te red (1 Tessalonisense 1:10).
Hoop vir die toekoms mag makliker wees, maar hoop in die hede is dikwels moeiliker. Die beste voorbeeld van hoop is 'n verhaal uit Daniël 3. Sadrag, Mesag en Abednego het hulle aardse koning, Nebukadneser, gedien ondanks die feit dat hulle verwyderd van byna al hulle kulturele standaarde en waardes was.
Toe hulle moes besluit of hulle hul aardse koning of vir God moet gehoorsaam, het die drie manne besluit om God te gehoorsaam, al sou dit sou hulle lewens kos (Daniël 3:16-18). Sadrag, Mesag en Abednego se hoop was nie net dat God hulle sou red nie, maar hulle het 'n dieper hoop in God se belofte van die ewige lewe gehad.
Hulle het gehoorsaamheid aan God verkies bo 'n langer lewe hier op aarde. Dit is 'n bonatuurlike hoop wat vir almal haalbaar is. Wanneer ons hoop ten volle op Jesus is, kan ons vreugde in elke omstandigheid, onder enige regering, president of koning vind. Ons plaas ons hoop in die Koning van alle konings, die Naam bo elke naam — ons grote God en Verlosser, Jesus Christus (Titus 2:13).
Aangaande hierdie leesplan
Die vyf-dag leesplan fokus op die beloftes van Jesus, die natuur en die karakter van God, ongeag wie die president, eerste minister of koning op enige tydstip is.
More