Ons God RegeerVoorbeeld

Our God Reigns

DAG 4 VAN 5

Ons is landsburgers, maar ons is ook bestuurders. Ons betaal belasting, ons gehoorsaam die wette en daar word van ons verwag om in vrede met ander mense te lewe. Ons is almal daarvan bewus dat mense verskillende lewensbeskouinge en menings oor beleide en wette het wat ten doel het om die aangenaamste omgewing vir ons alledaagse lewens te skep. Jesus se opdrag aan ons is om die wette te gehoorsaam en om belasting te betaal (Romeine 13:1-2; Matteus 22:17-21). Hy was veel minder besorgd oor wie in die aardse koninkryk in 'n posisie van mag is en veel meer gefokus op sy ewige koninkryk (Romeine 14:17). 

Jesus was God op die aarde en het die geskiedenis voor Hom geken en ook alles wat na Hom gaan kom. God is altyd ten volle in beheer. Ons hoef nooit besorg of beangs te wees nie. Jesus roep ons om goeie bestuurders van ons land te wees deur aan die regering se gesag gehoorsaam te wees. Ons toewyding aan God is egter belangriker as ons toewyding en gehoorsaamheid as landsburgers (2 Timoteus 1:9). 

God het ons aangestel om dissipels van alle nasies te maak. Dit begin by ons gesinne, medewerkers en vriende. Ons dien ons allerhoogste Heerser deur die gawes wat Hy aan ons gegee het, ten volle te benut. Die wette en reëls wat ons hier op aarde moet volg word dan nie meer so 'n hindernis nie, maar bring meer vreugde. God se opdragte sal altyd belangriker wees as die mensdom se wette. 

Soms sal die mens se wette en dié van God teenstrydig wees. Hoe weet ons dus wanneer om aan God of aan die mens gehoorsaam te wees? Die eenvoudige antwoord is dat ons, as Christene, die regering se wette moet gehoorsaam behalwe wanneer dit God se wette ontheilig. Ons belangrikste plig is om aan God gehoorsaam te wees. Aangesien God ons ook opdrag gegee het om die regering se wette te gehoorsaam, moet ons dit doen, maar wanneer God en die mens se wette teenstrydig is moet ons volgens Handelinge 5:29: "... eerder aan God gehoorsaam wees as as aan mense!" Wanneer ons toesig hou oor dit waarmee God ons hier op aarde geseën het deur Hom eerste te gehoorsaam en daarna die regering, eer ons Hom. "Wie my opdragte het en dit uitvoer — dit is hy wat My liefhet ..." (Johannes 14:21).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Our God Reigns

Die vyf-dag leesplan fokus op die beloftes van Jesus, die natuur en die karakter van God, ongeag wie die president, eerste minister of koning op enige tydstip is.

More

Ons wil graag YWAM Kona vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com