Ons God RegeerVoorbeeld

Our God Reigns

DAG 3 VAN 5

Maklike toegang tot groeiende hoeveelhede inligting kan ons breine oorweldig laat. Die digitale aanbieding van hierdie materiaal stimuleer ons breine, en vorm ons waarnemings, sienings en gedagtes op subtiele en diskrete maniere. Dit is krities om op God te vertrou deur gebed en daaglikse oorgawe aan Hom sodat ons ons identiteit ten volle in Jesus geanker kan hou. 

Soms wil ons met mense identifiseer wat in politieke posisies is, en dan stem ons vir iemand wat hulle vereenselwig met wat ons glo "goeie waardes" en "verantwoordbare beleide" is. Hoe goed ken ons werklik diegene vir wie ons stem? Hoe kan ons waarlik met hulle identifiseer? Die eenvoudigste antwoord is dat ons nooit waarlik enigiemand anders tot binne hulle kern kan ken nie. Die vlakke waarop ons met ander individue identifiseer, wissel ook baie van persoon tot persoon (1 Korintiërs 2:10-11). 

Dis net God wat ons ten volle kan ken. Hy ken ons selfs beter as wat ons onsself ooit sal kan ken (Psalm 139:2-3). Wanneer ons volle identiteit in Jesus geanker is, kan ons eers begin om ons waarde deur God se oë te sien. Identiteit in Jesus stel ons vry daarvan om 'n identiteit uit die wêreld en politiek te verkry. 

Jesus het sy troon verlaat om mens te word, tussen ons te kom woon en met al ons worstelinge, teleurstellings en ontberinge te identifiseer. Hy het gedemonstreer dat Hy sy identiteit ten volle in die Vader vind, wat Hom toelaat om versoekinge te weerstaan, medelye te kies en om die pad van gehoorsaamheid in alles te volg. Wanneer ons ons identiteit slegs in Jesus vind, begin die politieke landskap 'n al hoe kleiner effek hê en dit raak meer dringend om die evangelie van Jesus Christus te verkondig. Met ons volle identiteit in Jesus kan ons nie afdwaal van ons uiteindelike roeping nie, en ons geestelike vrugte sal bo alle verwagting groei (Matteus 28:18-20; Johannes 15:5).

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Our God Reigns

Die vyf-dag leesplan fokus op die beloftes van Jesus, die natuur en die karakter van God, ongeag wie die president, eerste minister of koning op enige tydstip is.

More

Ons wil graag YWAM Kona vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com