Bly in Jesus — 4-dag AdventoordenkingVoorbeeld

Abide in Jesus - 4-Day Advent Devotional

DAG 4 VAN 4

Ten spyte daarvan dat Kersfees 'n tyd van goeie en blye tydings is, is die behoefte aan gebed steeds daar — hetsy om dank aan God te bring vir al sy seëninge of om Hom eenvoudig te vra vir hulp om die spanning en uitdagings te hanteer wat die Kersseisoen kan meebring. Gebed open ons siele vir die bewustheid van God se teenwoordigheid, getrouheid en beskerming.

Het jy jouself egter al ooit in die situasie bevind waar jy nie geweet het wat om te bid nie? Jou gebede raak dalk vervelig en herhalend en dit voel asof jy nie reg bid nie? Jou vertroue in jou gebede sal versterk word deur die Woord van God te bid.

Die Bybel is vol gebede! Van Genesis tot Die Openbaring vind ons gebede wat ons kan leen om ons geestelike lewens op te kikker — kyk net na die Psalms!

Wanneer ons in die teenwoordigheid van God die verhale, geskiedenis, gedigte en gelykenisse lees en ons aandag op die Gees toespits, sal ons Skrifgedeeltes ontdek wat betrekking het op ons eie lewens, die wêreld en die mense wat ons ken. Met verloop van tyd sal dit tweede natuur word om hierdie gedagtes onmiddellik in gebede te verwoord. 

Lees Lukas 2:8-18. Hoe het jy die goeie nuus oor Jesus die eerste keer gehoor en ervaar? In hierdie verhaal het 'n engel 'n groep hardwerkende skaapwagters besoek en aangekondig dat iets belangriks in Betlehem aan die gebeur was (vers 11). Die skaapwagters het dus gereis na die stad van Dawid, waar hulle vir Jesus, Maria en Josef aangetref het. Nadat hulle die Kindjie gesien het, het hulle oral waar hulle gegaan het vir almal vertel dat hulle geweet het van die geboorte van Jesus en ook wat die engele oor Hom gesê het (verse 17-18). 

Hoe kan jy optree soos die skaapwagters, deur almal van Jesus te vertel, veral gedurende hierdie tyd van die jaar? Bid dat God sal werk in die harte van mense wat jy ken. Wees 'n goeie luisteraar en vriend, in plaas daarvan om mense te veroordeel. Leef die evangelieverhaal hierdie Kersfees prakties uit deur dade van diens; nie net deur jou woorde nie. Bid dat die gehalte van jou lewe en verhoudings sal help om mense nader aan Jesus te trek. 

Om meer te wete te kom van die geestelike gewoonte om die Skrif te bid, sowel as ander geestelike gewoontes wat in hierdie leesplan bespreek is, kyk gerus na die Abide Bible Journals van Thomas Nelson .

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Abide in Jesus - 4-Day Advent Devotional

Kersfees is op pad! Daarmee saam kom Advent — die voorbereiding vir en viering van Jesus se geboorte. Word hierdie feit dalk vergeet deur die besige vakansie skedule, die sug na die perfekte geskenk of die aanbied van gesinsbyeenkomste? Tydens die aanhoudende spanning van die Kersseisoen moet jy nuwe maniere vind om met die Woord van God om te gaan, wat jou uiteindelik nader aan Hom sal bring. Maak jou siel oop in hierdie 4-dag leesplan uit Thomas Nelson se "Abide Bible Journals".

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.thomasnelsonbibles.com/abide-bible-journals/