Bly in Jesus — 4-dag AdventoordenkingVoorbeeld

Abide in Jesus - 4-Day Advent Devotional

DAG 2 VAN 4

Elke jaar word ons sosiale kalender hierdie tyd van die jaar baie vinnig vol. Kersfeespartytjies saam met vriende, gesinsbyeenkomste, werksverpligtinge, kerkprogramme. Moet ook nie al die kookwerk, skoonmaakwerk, inkopies en versiering vergeet nie. Ons is voortdurend aan die beweeg, wat dit so moeilik maak om geestelik waaksaam te bly.

Hierdie Kersseisoen moet ons soos koeie wees. 

Wag ... koeie?!?

Dink net daaraan — koeie herkou die hele dag gras. Die koeie het die voedingstowwe nodig om te lewe, en daarom herkou hulle hul bron van voedsel geduldig en stadig, eerder as om net graspolle in te sluk. Net so moet ons, eerder as om elke dag ons geestelike voedsel in te sluk, dit stadig in ons binneste inneem en herhaaldelik deur die loop van die dag aan die Woord van God "kou". Die Bybelskrywers noem dit meditasie. 'n Ander woord daarvoor is oordenking. 

Die doel van oordenking is om in God se teenwoordigheid te rus. Om eerder na Hom te luister as om te praat. Dit verg inspanning om stil te bly en stil te wees, veral gedurende hierdie seisoen. Die Woord van God is egter die brood wat ons siel dringend nodig het om te lewe. Wanneer jy met sy waarheid sit en dit toelaat om in jou siel te "verteer," sal jy meer bewus wees van God se teenwoordigheid in jou lewe en in die wêreld om jou. 

Lees Matteus 1:22-25 twee keer deur. Soek na 'n woord of frase wat vir jou uitstaan.

Dink dan na oor 'n area in jou lewe wat jy met die woord of frase kan verbind wat jy gekies het. Waarom het jy hierdie woord in die besonder gekies, en wat is die verband met jou lewe? Waarom dink jy wek dit jou belangstelling?

Bid dan en vra vir God om te verduidelik wat Hy vir jou wil sê. Bid met verwagting en wag geduldig vir sy antwoord.

Laastens, luister terwyl jy in die teenwoordigheid van die Gees van God sit. Kom ons praat later hieroor. Het God iets meer aan jou geopenbaar terwyl jy verder nagedink het?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Abide in Jesus - 4-Day Advent Devotional

Kersfees is op pad! Daarmee saam kom Advent — die voorbereiding vir en viering van Jesus se geboorte. Word hierdie feit dalk vergeet deur die besige vakansie skedule, die sug na die perfekte geskenk of die aanbied van gesinsbyeenkomste? Tydens die aanhoudende spanning van die Kersseisoen moet jy nuwe maniere vind om met die Woord van God om te gaan, wat jou uiteindelik nader aan Hom sal bring. Maak jou siel oop in hierdie 4-dag leesplan uit Thomas Nelson se "Abide Bible Journals".

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.thomasnelsonbibles.com/abide-bible-journals/