Bly in Jesus — 4-dag AdventoordenkingVoorbeeld

Abide in Jesus - 4-Day Advent Devotional

DAG 1 VAN 4

Kersfees is op hande! Christene herdenk die geboorte van Jesus en, alhoewel dit 'n vreugdevolle tyd is, kan die seisoen oorskadu word deur spanning, angs en 'n besige program wat ons geestelik leeg tap. Hoe kan ons ons siele verkwik en geestelik op-en-wakker gedurende Advent wees? 

In Markus 13:37 sê Jesus: "En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Bly waaksaam!" Deur dagboek te hou as 'n geestelike oefening, is een manier om dit te doen. 

Om dagboek te hou, help ons om dit wat ons lees, te bepeins — nie om net te verstaan wat ons lees nie, maar om vertroud te raak met die teksgedeelte. Bybelse dagboekhouding is basies 'n oop en eerlike gesprek met God. Ons kan met ons onsekerhede en vrese worstel, God se leiding soek en ontdek watter houdings en dade nodig het om te verander. Dagboekhouding is persoonlik — daarom is daar ook nie 'n regte of verkeerde manier om dit te doen nie. 

Probeer die volgende: open jou Bybel by Markus 13:32-37, maar moet nog nie lees nie. Eerstens, begin met 'n gebed, versoek God om met jou te praat en om Homself te openbaar deur die Woord. Bid vir 'n oop hart en 'n bewusmaking van wat Hy vir jou wil sê. Lees nou die Skrifgedeelte in Markus. Laastens, met die dagboek naby jou, oordink en skryf oor die volgende vrae wat verband hou met die Skrifgedeelte:

  • Hoekom het Jesus vir sy dissipels hierdie opdrag gegee: "Wees op julle hoede; wees waaksaam ..." (vers 33)? Hoe gehoorsaam jy hierdie opdrag?
  • Hoe gretig afwagtend is jy vir Jesus se Advent? Hoe gereeld en doelbewus dink jy daaraan gedurende hierdie besige tyd? Wat kan jy doen om meer waaksaam tydens die komende Kersfees te wees?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Abide in Jesus - 4-Day Advent Devotional

Kersfees is op pad! Daarmee saam kom Advent — die voorbereiding vir en viering van Jesus se geboorte. Word hierdie feit dalk vergeet deur die besige vakansie skedule, die sug na die perfekte geskenk of die aanbied van gesinsbyeenkomste? Tydens die aanhoudende spanning van die Kersseisoen moet jy nuwe maniere vind om met die Woord van God om te gaan, wat jou uiteindelik nader aan Hom sal bring. Maak jou siel oop in hierdie 4-dag leesplan uit Thomas Nelson se "Abide Bible Journals".

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.thomasnelsonbibles.com/abide-bible-journals/