Bly in Jesus — 4-dag AdventoordenkingVoorbeeld

Abide in Jesus - 4-Day Advent Devotional

DAG 3 VAN 4

Hierdie tyd van die jaar kan ons nostalgies raak oor die verlede. Kan jy byvoorbeeld dalk onthou wat jou gunsteling Kersgeskenk was wat jy al ooit ontvang het? 

Indien wel, ruim tyd in om daardie ervaring te herleef. Watter geluide of reuke onthou jy? Onthou jy die gevoel van die geskenkpapier in jou hande toe jy die geskenk oopgeskeur het? Watter kleur was die papier? Wie was by jou? Om die gebeurtenis te herleef, is kragtig en bring heel moontlik dieselfde gevoelens in herinnering as wat jy tóé ervaar het. 

Hoe sou dit wees as jy die Skrif op dieselfde manier lees? Jy was natuurlik nie self teenwoordig tydens die Bybelgebeure nie; nogtans, hoe sou jy dit ervaar as jy jou verbeelding laat gaan en jouself in 'n Skrifgedeelte inleef?

Vir diegene wat die Skrif net op 'n verstandelike vlak benader, veral tydens Advent, is dit baie nuttig om die Bybel met sig, gehoor, reuk, smaak en gevoel te benader. In plaas daarvan om die feite van 'n afstand te beskou, beweeg ons nader. Wanneer ons ons vyf sintuie gebruik, gee dit ons die geleentheid om ons Godgegewe verbeelding te gebruik om onsself in die verhale van die Skrif in te leef. Wanneer ons empatie het met die mense van die Bybel, verstaan ons die gebeure op 'n praktiese manier. Ons lees nie net meer 'n boek nie; ons leef in daardie oomblik, en deur dít te doen, word ons siele verkwik.

Maak jou Bybel oop by Matteus 1:18-21. Voor jy dit lees, raak stil en vra vir God om jou hart voor te berei en jou verbeelding te lei. Lees dan die Skrifgedeelte.

Stel jou voor dat Josef diep slaap. Dis stil buite en 'n koel luggie waai. Verbeel jou hoe verbaas Josef is as die engel van die Here skielik aan hom verskyn. Roep hy uit van verbasing? Neem hy 'n nederige houding in? Wat gaan deur sy gedagtes as hy hoor dat die langverwagte Verlosser uiteindelik gaan kom? Josef vertrou God beslis om sy beloftes gestand te doen. Wat van jou?

Vra vir God om jou met dieselfde vertroue en begrip te vul wat Josef gehad het toe die engel van die Here hom besoek het. Vra vir God om die terreine in jou lewe te openbaar waar Hy jou kan gebruik om goeie werk in sy koninkryk te doen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Abide in Jesus - 4-Day Advent Devotional

Kersfees is op pad! Daarmee saam kom Advent — die voorbereiding vir en viering van Jesus se geboorte. Word hierdie feit dalk vergeet deur die besige vakansie skedule, die sug na die perfekte geskenk of die aanbied van gesinsbyeenkomste? Tydens die aanhoudende spanning van die Kersseisoen moet jy nuwe maniere vind om met die Woord van God om te gaan, wat jou uiteindelik nader aan Hom sal bring. Maak jou siel oop in hierdie 4-dag leesplan uit Thomas Nelson se "Abide Bible Journals".

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.thomasnelsonbibles.com/abide-bible-journals/