Sewe Wette van LiefdeVoorbeeld

7 Laws Of Love

DAG 7 VAN 7

Liefde Lewe Vir Ewig

God wil hê dat jy in die oomblik moet lewe. Hy wil hê dat jy elke minuut wat jy saam met jou geliefde op hierdie planeet het, sal koester, maar Hy wil ook hê dat jy met 'n ewigheidsperspektief sal lewe.

Ek het onlangs na 'n rugbywedstryd op televisie gekyk. Ek het geweet hoe die wedstryd geëindig het, want ek het die eindtelling op die nuus gesien voor ek na die heruitsending gekyk het. My span het gewen! Omdat ek alreeds geweet het dat ons gewen het, was die ervaring om na die wedstryd te kyk, heel anders.

Terwyl ek gekyk het, was daar kere toe my span aan die verloor was. Ek het begin dink: Ag, nee! Ons raak agter! Ons sal nie kan terugslaan nie. Dit gaan nie goed eindig nie.

Dan kom ek tot verhaal en besef: Haai! Die einde is alreeds bepaal. Die oorwinning is verseker. Ons het alreeds gewen!

Wanneer die opponerende span punte aangeteken het, was dit nie lekker om te sien nie, maar ek kon glimlag, want ek het geweet wat die uitslag sou wees.

Ek en jy leef op-en-af lewens. Daar is dae wat soos oorwinnings lyk en ander dae wanneer ons verslae is. Op die moeilike dae is dit maklik om rond te kyk en mismoedig te raak. Dis maklik om te dink dat dinge nooit gaan uitwerk nie.

Ek wil hê jy moet gerusgestel wees oor die waarheid van God se ewige beloftes. Die einde van die verhaal is alreeds geskryf; ons wen!

Jesus het die oorwinning behaal. Deur geloof in Hom, kan ons verseker weet dat Hy alles sal regmaak en nuutmaak. Ons gaan vir ewig feesvier saam met Hom en ons geliefdes.

Liefde is nie 'n verhaal met 'n gelukkige einde nie. Liefde is 'n verhaal met geen einde nie!

Wanneer ons kies om mense lief te hê soos Jesus mense liefhet, sal die wêreld verander. Moenie ander behandel soos hulle jou behandel nie; behandel ander soos God jou behandel. Koester Jesus se liefde in jou eie lewe, en stel dan Jesus se voorbeeld in jou verhoudings. Jesus het die wêreld met liefde verander en Hy wil hê ek en jy moet daarmee voortgaan. Hy wil vir jou 'n nuwe hart en lewe gee.

Wanneer jy van hierdie lewe oorstap na die ewigheid toe, sal liefde al wees wat saakmaak. Lewe met 'n hart van liefde. Jy sal verstom wees oor die gevolg.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Laws Of Love

Met opregte liefde kan jy gesondheid en genesing in elke verhouding bring. Pastoor Dave Willis deel die “Sewe Wette van Liefde” wat in die Woord gevind word en bied praktiese raad oor hoe om liefde in aksie te laat oorgaan. Soos wat jy 'n beter begrip kry en liefde in die praktyk uitleef, sal jy die skoonheid van opregte liefde op nuwe en wonderbaarlike maniere ervaar.

More

Baie dankie aan Pastoor Dave Willis en Thomas Nelson wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://bit.ly/2jyBPHD