Sewe Wette van LiefdeVoorbeeld
Liefde praat die waarheid
Jesus leer ons in die Skrif dat die waarheid die krag het om ons vry te maak. Sedertdien is hierdie stelling van Hom al in howe, rolprente en ontelbare ander plekke aangehaal. Dit is ‘n pragtige gedagte, maar ook ‘n kragtige waarheid. Wanneer ons die moed het om ons geheime te bely, is daar niks wat ons lewe of ons liefde kan belemmer nie.
Ek het al telkemale gesien hoe hierdie beginsel binne die dinamiek van verhoudinge en die huwelik uitspeel. Vertroue is uiters noodsaaklik in enige gesonde verhouding, maar nog meer binne die konteks van die huwelik. Die huwelik is deur God geskep om ‘n verhouding van algehele eenheid en deursigtigheid te wees, en enige vorm van bedrog sal die fondament van die huweliksverbond ondermyn. Ek sê dikwels aan paartjies: “Julle huwelik sal nooit sterker wees as julle vertroue in mekaar nie.”
As ‘n getroude paartjie mekaar nie kan vertrou nie, kan hulle nie volledig funksioneer nie. Man en vrou moet saamwerk soos twee vlerke van dieselfde voël; as hulle nie in volle vennootskap saamwerk nie, sal die huwelik nooit werk nie. Vertroue maak dit moontlik. Wanneer ons vertroue met geheimhouding vervang word, rig ons onsigbare mure op wat die groei in ons huwelik inperk. Geheimhouding is die vyand van intimiteit.
Wanneer ‘n probleem weggesteek word, is daar niks wat jy kan doen om dit reg te stel nie. Wanneer dit blootgestel word, kan die genesingsproses uiteindelik begin.
Totdat ons in die spieël kan kyk en ons eie sondes en ons eie desperate behoefte aan God se genade kan verwerk, sal ons nooit onsself of ander deur die lens van liefde kan sien nie. God wil hê ons moet ‘n hart hê wat liefde betoon aan dié mense wat onbemind is, want dit is wat God vir ons gedoen het. Hy het ons meer lief as wat ons ooit kan verdien, en Hy roep ons om dieselfde vir ander te doen.
Aangaande hierdie leesplan
Met opregte liefde kan jy gesondheid en genesing in elke verhouding bring. Pastoor Dave Willis deel die “Sewe Wette van Liefde” wat in die Woord gevind word en bied praktiese raad oor hoe om liefde in aksie te laat oorgaan. Soos wat jy 'n beter begrip kry en liefde in die praktyk uitleef, sal jy die skoonheid van opregte liefde op nuwe en wonderbaarlike maniere ervaar.
More