Sewe Wette van LiefdeVoorbeeld

7 Laws Of Love

DAG 2 VAN 7

Liefde maak onselfsugtige opofferings

Die rolprent oor die Tweede Wêreldoorlog, wat ‘n "Academy"-toekenning gewen het, "Saving Private Ryan", vertel die verhaal van ‘n jong soldaat (manskap Ryan) wie se broers almal in ‘n veldslag dood is. Om sy familie die pyn van die verlies van al hulle seuns te spaar, beplan die regering ‘n reddingspoging om hom te red en huis toe te stuur. Hierdie reddingspoging word gelei deur ‘n geen-nonsies weermag kaptein wat klaarblyklik dink die hele ding is ‘n slegte idee.

In die finale toneel van die rolprent word die kaptein in die uitvoer van die sending noodlottig gewond. Met sy sterwenswoorde kyk hy die soldaat in die oë en sê: “Verdien hierdie! Verdien dit.” Die rolprent beweeg baie dekades vorentoe en ons sien manskap Ryan as ‘n ou man wat by die kaptein se graf staan. Jy kan sien daardie woorde het by hom bly spook en dat hy sy lewe lank probeer het om dit te “verdien”, maar hy is nie seker of hy geslaag het nie. Hy pleit by die graf, op soek na goedkeuring, maar hy kry dit nie.

Baie mense glo dat hulle hul geloof in Jesus geplaas het, maar hulle glo ook dat hulle moet verdien wat Hy aan die kruis vir hulle gedoen het. Hier is egter die goeie nuus: toe Jesus aan daardie kruis gehang het, sterwend om jou te red, was sy laaste woorde nie “verdien dit” nie. Weet jy wat Hy eerder gesê het? Hy het gesê: “Dit is volbring!”

Verstaan jy dit? Dit is volbring. Dit beteken dis klaar, voltooid, verseël, afgehandel! Dit is God se geskenk van genade. Jesus het klaar al die werk gedoen. Jy kan dit nie naastenby verdien nie, al probeer jy ook met alles in jou, en God het dit nog nooit van jou verwag nie.

Die Bybel sê: "As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word" (Romeine 10:9). Dit is nie jou plig om dit te verdien nie; dit is ‘n geskenk wat jy in geloof ontvang. Reik uit na jou Verlosser en wees lief vir God met jou hele hart, verstand, siel en al jou krag. Hy het reeds al die werk gedoen, en Hy het dit uit liefde vir jou gedoen. Dit is volbring.

Wat is die grootste opoffering wat jy al gemaak het vir iemand vir wie jy lief is?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

7 Laws Of Love

Met opregte liefde kan jy gesondheid en genesing in elke verhouding bring. Pastoor Dave Willis deel die “Sewe Wette van Liefde” wat in die Woord gevind word en bied praktiese raad oor hoe om liefde in aksie te laat oorgaan. Soos wat jy 'n beter begrip kry en liefde in die praktyk uitleef, sal jy die skoonheid van opregte liefde op nuwe en wonderbaarlike maniere ervaar.

More

Baie dankie aan Pastoor Dave Willis en Thomas Nelson wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://bit.ly/2jyBPHD