Wees 'n Spel-WisselaarVoorbeeld
Mense Is Nie Projekte Nie
Reg, so jy het goeie nuus gekry. Jy het eintlik die heel beste nuus gekry. Jy weet hoe Jesus jou lewe verander het, en vir jou moed, hoop en vrede gegee het. Jy wil daardie nuus deel! En jy wil dit op die beste moontlike manier deel. Dit is fantasties!
Maar … miskien, net miskien, vat jy jou behoefte om die goeie nuus van Jesus te deel na 'n uiterste toe.
Jy wil nie net van Jesus vertel nie. Jy wil die beste wees wanneer jy Jesus met die hele wêreld deel! En jy gee nie om of jy moet skelm wees of om mense in 'n strik te vang om Jesus te volg nie.
O! Stadig nou. Jy moet waarskynlik nou eers na hierdie video kyk.
Reg, dit is beter! Mense is nie projekte nie! Leer iemand ken. Leer om hulle lief te hê vir wie hulle is. Probeer om te sien wat God in hulle sien. Wees 'n ware vriend. Dit vat tyd om respek te verdien en dit vat tyd om ware vriendskap te bou.
Respekteer ander se ervarings. Onthou, jy is nie die een wat ander moet red nie. Jy kan egter aan hulle die rigting na die ware Redder aanwys!
Praat oor dit waarvan jy hou, maak seker jy sluit Jesus daarby in. Moenie bang wees om dinge te deel wat jy by die kerk, ander Christene of in die Bybel geleer het nie. Moenie vergeet om te bid nie! Bid dat God jou 'n geleentheid sal gee om met jou vriende oor Jesus te praat en bid dat hulle sal oop wees om te luister.
Onthou: Die spel-wisselende nuus van Jesus moet op sy beste gedeel word — met heilige eerbied.
Vra jouself af: Wie is my naaste vriend of familielid wat nie vir Jesus ken nie? Wanneer is die laaste keer wat ek iets genoem het van God, my kerk, 'n Skrifgedeelte of so iets wanneer ons met mekaar praat?
Daag jouself uit: Vandag se Bybelvers is 1 Petrus 3:15. As jy vir 'n goeie vertaling soek, is die 1983-vertaling fantasties met hierdie vers. Maak hierdie vers deel van wie jy is. Vat 'n stuk papier en inkleurpotlode of kryte as jy het. Skryf die hele vers in jou mooiste handskrif. Onderstreep die dele waaraan jy in jou lewe wil werk of wil onthou, soos "wees altyd gereed" of "met heilige eerbied." Wanneer jy klaar is, versier dit soos jy wil en hou dit êrens waar jy dit gereeld sal sien.
Bid: Vader, dankie dat U so verstommend is. Dankie dat U my lewe verander het. Dankie vir die manier waaarop U my altyd deur u Woord leer. Help my om altyd gereed te wees om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van my 'n verduideliking eis oor die hoop wat ek in U het. In die Naam van Jesus. Amen.
Haai, voor jy gaan, kyk na nog fantastiese video's van "The Loop Show!"
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
'n Spel-wisselaar maak 'n betekenisvolle verandering in die rigting van 'n spel. Jesus was 'n spel-wisselaar vir 'n verlore wêreld. En raai wat? Jy kan 'n spel-wisselaar vir ander wees deur hulle te vertel wat Jesus vir jou gedoen het. Evangelisasie is 'n groot woord met groot verantwoordelikheid, maar dit is eintlik baie eenvoudig. Hierdie leesplan sal tieners help verstaan hoe om die evangelie met deernis en respek te deel.
More