Wees 'n Spel-WisselaarVoorbeeld

Be a Game Changer

DAG 5 VAN 6

Wees Versigtig Hoe Jy Dit Sê

Het jy al ooit die stelling gehoor: "Dit is nie wat jy sê nie — dit is hoé jy dit sê"? 

Weet jy wat daardie stelling beteken? Weet jy wat dit te doen het met die manier waarop jy ander vertel van die spel-wisselende verhaal wat Jesus in jou lewe gedoen het? 

Kyk na hierdie video vir antwoorde op hierdie vrae.

Sjoe! Ons monde kan 'n groot invloed hê, afhangende van die stemtoon wat ons gebruik! Onthou jy gister se vers in 1 Petrus 3? Jy kan vandag vers 16 lees. Lê veral klem op die deel wat jou vertel hoe om die hoop wat jy in Jesus het met ander te deel. Soos die 1983-vertaling dit stel: "doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God." 

Gister het jy geleer hoe jy die feit dat jy vir God lewe maklik kan maak om raakgesien te word, ongeag wat jy doen. Jy het byvoorbeeld geleer dat, as jy baie aan sport deelneem, jy kan kies om voor elke wedstryd en oefening te bid en as iemand jou daaroor vra, dan vir hulle van Jesus te vertel. Wel, moenie die nederigheid en met eerbied vergeet nie! Wees gereed om 'n beskeie en eerbiedige antwoord te gee. 

Kan jy jou indink hoe dit iemand sal verneder en seermaak as hulle vra: "Haai, wat maak jy?" En jy rol jou oë en sê: "Ek BID tot God omdat ek 'n GOEIE MENS is!” Sjoe. Eina. 

Wees gereed met beskeidenheid en eerbied. Miskien kan jy eerder antwoord: "O, ek dank God net dat ek die geleentheid het om rugby te kan oefen en te kan speel. Ek kan nie help om 'n gebed te doen om Hom te dank voor ek begin nie! Haai — jy kan enige tyd saam met my kom bid!" 

Hoekom is beskeidenheid en eerbied so belangrik vir God, veral in die manier wat ons met ander oor Hom praat? Omdat Hy elkeen van ons ewe lief het. Hy het mense lief wat Hom volg. Hy het ook mense lief wat Hom nog nie volg nie! Wees beskeie en eerbiedig — want met wie jy ook al praat, dis iemand vir wie God lief is en vir wie Hy omgee. Jesus het self gesê dat, om vir Hom lief te wees en om ons naaste ook lief te hê soos onsself, die belangrikste dinge is wat enige volgeling van Hom kan doen. 

Vra jouself af: Is daar iemand teenoor wie dit dalk moeilik sal wees om beskeie en eerbiedig te wees, as die persoon jou sou vra hoekom jy Jesus volg? 

Daag jouself uit: Sit vir 'n oomblik en bid vir die persoon aan wie jy gedink het in die "Vra jouself af"-vraag hierbo. Vra vir God om vir jou geduld en vriendelikheid in jou hart en gedagtes te gee wanneer jy aan die persoon dink. Vra God om jou te help om daardie persoon te sien soos Hy hom of haar sien. Vra vir Hom om enige seer te vergewe wat mense dalk in jou hart veroorsaak het. Vra God om jou te help om jou naaste lief te hê — selfs (en miskien veral) die wat moeiliker is om lief te hê. Bid dat as jy ooit die kans kry, dat jy in staat sal wees om jou liefde vir Jesus met daardie persoon in beskeidenheid en eerbied te deel.

Bid: Vader, dankie dat U my leer hoe om beskeie en eerbiedig te wees wanneer ek met ander oor U praat. Dankie vir u beskeidenheid met my. Ek het U lief en ek wil ander ook van U vertel. In die Naam van Jesus. Amen. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Be a Game Changer

'n Spel-wisselaar maak 'n betekenisvolle verandering in die rigting van 'n spel. Jesus was 'n spel-wisselaar vir 'n verlore wêreld. En raai wat? Jy kan 'n spel-wisselaar vir ander wees deur hulle te vertel wat Jesus vir jou gedoen het. Evangelisasie is 'n groot woord met groot verantwoordelikheid, maar dit is eintlik baie eenvoudig. Hierdie leesplan sal tieners help verstaan hoe om die evangelie met deernis en respek te deel.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/