Wees 'n Spel-WisselaarVoorbeeld
Hoe Sal Jy Reageer?
Maak jouself gereed om in jou verbeelding 'n toneel voor te stel. Is jy reg? Goed. Hier gaan ons.
Jy moet 'n baie ver reis aflê om jou gunsteling familielid te gaan besoek. Dit is belangrik. Die persoon is baie siek en jy wil hom of haar nog 'n laaste keer sien voor die familielid sterf.
Nou gee iemand vir jou 'n gratis vliegkaartjie vir 'n direkte vlug na die stad waar die persoon woon! Sjoe! Jy besluit egter jy wil nie vlieg nie. Jy wil nie met die trein gaan nie. Nie eens met 'n bus nie. Nie 'n motor nie. Nie 'n fiets nie. Jy wil stap. Steeds is jy bekommerd dat jy nie betyds daar gaan wees nie.
Maak dit sin?
Glad nie! As jy haastig is om 'n ver reis af te lê, sal jy nooit al die beskikbare spel-wisselende maniere om te reis ignoreer nie. Jou reaksie op 'n gratis vliegkaartjie? Dit sal baie meer sin maak as jou reaksie dié van dankbaarheid, vreugde en 'n groot: "Ja, asseblief!" is. Jy sal waarskynlik vir almal wat jy ken vertel van hierdie wonderlike persoon wat vir jou 'n gratis vliegkaartjie gegee het! Nie waar nie?
Kyk na hierdie video vir meer inligting hoe dit lyk om op wonderlike, spel-wisselende nuus te reageer.
Die Bybelverhaal wat jy vandag gaan lees, gee 'n baie goeie voorbeeld van iemand wat 'n goeie reaksie op die krag en teenwoordigheid van Jesus in sy lewe gehad het. 'n Blinde man is genees. Hy het gehardloop en almal vertel van Jesus wat hom genees het. Hy het nie teruggedeins selfs al het mense met hom gestry nie. Hy het net sy verhaal vertel. Hy was opgewonde en wou hê almal moes daarvan weet. Jesus het die spel vir hom verander.
Jesus het die spel verander om ons vry te maak van vrees, skaamte, eensaamheid en soveel meer. Hoe sal jy reageer?
Vra jouself af: Het ek al ooit nie genoeg gereageer op die genade en vergifnis wat Jesus my bied nie? As die goeie nuus lewensveranderend is, hoe het my lewe verander?
Daag jouself uit: Dink aan iets in jou lewe wat 'n sterk reaksie regverdig op Jesus en die goeie nuus dat Hy vir jou 'n vars begin gee en vergifnis van al jou sonde en verkeerde besluite aanbied. Miskien het jy gevoelens van liefdeloosheid teenoor iemand gekoester. Miskien het jy iets toegelaat om in te sluip wat jy weet jy nie moes nie. Miskien is daar iemand wat jy weet jy moet vergewe. Miskien gee jy bloot nie meer so baie om nie. Wat dit ook al is, skryf dit op 'n stuk papier. Bid die gebed hieronder, frommel die papier op en gooi dit weg!
Bid: Vader, dankie dat U my op elke manier nuut maak. U het die prys vir my verkeerde dade met u eie lewe betaal. Help my om nooit te vergeet wat my sonde U gekos het nie. Help my om altyd met die respek en vreugde wat dit verdien, te reageer op die goeie nuus dat ek in U vry is! Omdat U so goed is, wil ek U elke dag van my lewe volg en op die manier lewe wat U sê die beste is! Help my om vir die res van my lewe opgewonde te bly om met ander te deel hoe goed U is. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
'n Spel-wisselaar maak 'n betekenisvolle verandering in die rigting van 'n spel. Jesus was 'n spel-wisselaar vir 'n verlore wêreld. En raai wat? Jy kan 'n spel-wisselaar vir ander wees deur hulle te vertel wat Jesus vir jou gedoen het. Evangelisasie is 'n groot woord met groot verantwoordelikheid, maar dit is eintlik baie eenvoudig. Hierdie leesplan sal tieners help verstaan hoe om die evangelie met deernis en respek te deel.
More