Wees 'n Spel-WisselaarVoorbeeld

Be a Game Changer

DAG 3 VAN 6

Watter Verhaal Vertel Jy?

Gister het jy gelees van 'n man wat blind gebore is. Jesus het 'n wonderwerk gedoen en hom genees! Hy het toe vir almal gaan vertel van hierdie Jesus wat hom gesond gemaak het. 

'n Bietjie dramaties, nè? Sommige mense het 'n baie dramatiese verhaal van wat Jesus vir hulle gedoen het. Dalk het jy ook! 

Maar moet dit 'n dramatiese verhaal wees om "goed genoeg" te wees om vir ander te vertel? 

Kyk na hierdie video van Riley, vriend van "The Loop Show" om die vraag te beantwoord.

Sien jy? Jou verhaal kan verstommend wees as jy Jesus die middelpunt daarvan maak. Dan word dit God se verhaal. Alle verhale van God is goed en die moeite werd om te deel! 

Wat is dus jou verhaal? Was jy roekeloos? Was jou lewe 'n deurmekaarspul? Het jy foute gemaak? Is jy toe gered, het jy liefde ontvang en is jy herstel? 

In vandag se oordenking uit 1 Petrus 3, lê ons klem op vers 15. In die 1983 vertaling staan: "Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe." Sien jy? Jy het nie vuurwerke nodig nie. Jy hoef 'n held te wees nie. Wees net reg om met ander te praat oor die hoop, lewe, vryheid, vergifnis, vrede, die vars begin en wat ook al anders Jesus aan jou gegee het. 

Môre gaan ons kyk na een manier waarop jy ander kan vertel van die hoop wat jy in Jesus het. Dit mag jou dalk net verras!

Vra jouself af: As iemand my vra hoekom ek Jesus volg, wat sal ek antwoord? 

Daag jouself uit: Skryf soveel redes as moontlik neer hoekom jy Jesus volg. Onthou goed soos: "Hy help my om geduld aan te leer. Dit voel goed om tot Hom te bid. Hy help my om ontslae te raak van skaamte as ek iets verkeerds gedoen het." Kyk hoeveel redes jy kan neerskryf. 

Bid: Vader, dankie vir al die maniere waarop U my lewe meer betekenisvol gemaak het. Help my om te fokus op al die maniere wat U my beter gemaak het! Help my om gereed te wees om hierdie hoop wat ek in U het, met ander te deel. In die Naam van Jesus. Amen. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Be a Game Changer

'n Spel-wisselaar maak 'n betekenisvolle verandering in die rigting van 'n spel. Jesus was 'n spel-wisselaar vir 'n verlore wêreld. En raai wat? Jy kan 'n spel-wisselaar vir ander wees deur hulle te vertel wat Jesus vir jou gedoen het. Evangelisasie is 'n groot woord met groot verantwoordelikheid, maar dit is eintlik baie eenvoudig. Hierdie leesplan sal tieners help verstaan hoe om die evangelie met deernis en respek te deel.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/