'n Leefstyl van VergifnisVoorbeeld

A Lifestyle of Forgiveness

DAG 5 VAN 5

Wanneer Iemand jou Verwagtinge Skend

Elke liewe dag het ons almal verwagtinge. Ons verwag dat mense op 'n sekere manier sal optree. Ons verwag dat dinge op 'n sekere manier sal gebeur. Ons verwag om verstaan of waardeer te word. Ongelukkig is die kanse dat alles presies sal gebeur soos ons verwag — staal jouself — NUL. 

Elke liewe dag, gedurende honderde verskillende gebeure, sal jou verwagtinge geskend word. Ons kan gesels oor elke moontlike manier hoe dit kan gebeur, maar dis vir 'n ander geleentheid. Nou vertrou ek die Heilige Gees om jou hieraan te herinner wanneer jy dit nodig het — sodat jy kan weet wanneer jou verwagtinge geskend is en wanneer dit gebeur, jou te help om dan vinnig en maklik te vergewe. 

Die lys is oneindig. Iemand wat in die verkeer voor jou insny of by die winkel voor jou in die tou indruk of die laaste item gryp wat jy graag wou hê. Enige tyd as jy daardie nare gevoel kry wanneer jy verleë, hartseer, kwaad, verworpe of seergemaak voel — gedurende sulke tye moet jy jouself afvra: ”Is daar iemand wat ek moet vergewe, sodat ek hiervandaan bevry kan weggaan?" 

Hier wil ek ook nog iets byvoeg: soms weet jy iemand het nie bedoel om jou seer te maak nie en besef jy dat jy eintlik belaglik is oor iets so kleinlik. Jy mag dalk dink: "Ek hoef hulle nie te vergewe nie — dis nie eens belangrik nie en ek weet ek is effens vreemd daaroor.” Ek tree so op: indien jy meer as twee keer daaroor gedink het, kan jy hulle maar vergewe! 

Wanneer daardie ou iets belagliks op sosiale media pos en dit pla jou steeds so erg wanneer jy by die werk kom dat jy almal daarvan wil vertel, vergewe hom net daar. As die winkelassistente so ongeskik met jou is dat jy 'n gesprek in jou kop met jouself op pad huistoe voer ("Ek moes dit gesê het en toe sy dat gesê het moes ek dit …!") vergewe haar doodeenvoudig. 

Ek glo as ons bedrewe raak om in die kleine, alledaagse dinge te vergewe, sal dit ons goeie oefening gee om te kan vergewe wanneer dit by die ware groot dinge kom. Dit sal ons ook die voordeel gee om 'n lewe van vrede te lei en 'n opregte getuie te wees. 

Het die plan jou gehelp? Dit is uit my boek ”Ek Vergewe Jou, Maar …” aangepas. Jy kan die eerste gedeelte hier lees.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

A Lifestyle of Forgiveness

Daar het al baie groot en pynlike dinge met ons almal gebeur — en vergifnis is die sleutel om van hierdie seer uit die verlede bevry te word. Wat as ons egter daarna strewe om 'n leefstyl van vergifnis te lei — waar niks ons pla nie, waar selfs ons kleinste seerkry sommer net soos water van 'n eend se rug afrol? Dit is die lewe van vryheid wat God vir ons wil hê!

More

Baie dankie aan Karen Jensen Salisbury wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://karenjensen.org