'n Leefstyl van VergifnisVoorbeeld

A Lifestyle of Forgiveness

DAG 3 VAN 5

'n Lys van Voorbeelde

Hier is net 'n paar voorbeelde van die daaglikse irritasies wat ons almal ervaar — dinge wat ons irriteer of selfs teen die mure uitdryf — maar wat ons kan oorweeg om onmiddellik te vergewe.  

* Bestuurders in die regterbaan. Dis my eie persoonlike irritasie. Ek woon in die stad en meestal is daar twee bane vir verkeer … Hoekom dring stadige bestuurders daarop aan om die verkeer in die regterbaan op te hou? Mense, ek is haastig! Tog het ek 'n keuse — ek kan ongeduldig en geïrriteerd agter hulle aansukkel, terwyl ek met hulle en van hulle praat. (“Haai ou, is jy die enigste een op die pad? Skenk jy enigsins aandag? Gaan links!) Of, ek kan hulle seën en vergewe. In werklikheid trek niemand voordeel uit my ongeduld nie. Of jaag dit net my bloeddruk op en word my onvergewensgesinde gewoonte net verder gevoed? Heer, vergewe hulle en seën hulle. 

* Bure. Daar is eindelose dinge wat bure kan doen om mens die harnas in te jaag. Blaffende honde. Harde musiek. Luide geskreeu. Enige en alle vorme van lawaai. 'n Deurmekaar werf. Skerp ligte as mens probeer slaap. Toelaat dat hul honde op jou werf ontlas. Hulle vullisdromme buite los. Op ongeldige plekke parkeer. Kla dat jy te veel lawaai maak, dat jy jou hond toelaat om vry rond te loop, dat jy nie jou gras sny nie, dat jy klappers skiet of dat jy op ongeldige plekke parkeer. Wat was die uitkoms om daaroor kwaad te wees? Dalk sal dit beter wees om te vergewe … en sal jy 'n beter getuienis wees … om die omstandighede aan God oor te laat. Matteus 19:19 sê: “... jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Dit sê nie: net as hulle dit verdien nie.   

* Diegene in jou huishouding. Die mense met wie ons die meeste in aanraking kom, is diegene met die meeste potensiaal om ons te irriteer, te na te kom of om ons seer te maak. Ons bring so baie tyd met hulle deur dat ons meer van hulle verwag. Mense sal ons egter altyd teleurstel en irriteer (selfs geliefdes) — net soos ons hulle teleurstel en irriteer. In plaas daarvan om 'n wrok oor die irritasies te koester (of dit as wapens in ons volgende argument te gebruik), kan ons eerder na vrede strewe en hulle net gou en maklik vergewe. In Jakobus 3:17 staan daar: “Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak.”

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

A Lifestyle of Forgiveness

Daar het al baie groot en pynlike dinge met ons almal gebeur — en vergifnis is die sleutel om van hierdie seer uit die verlede bevry te word. Wat as ons egter daarna strewe om 'n leefstyl van vergifnis te lei — waar niks ons pla nie, waar selfs ons kleinste seerkry sommer net soos water van 'n eend se rug afrol? Dit is die lewe van vryheid wat God vir ons wil hê!

More

Baie dankie aan Karen Jensen Salisbury wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://karenjensen.org