'n Leefstyl van VergifnisVoorbeeld
'n Lewe van Vryheid
Die Bybel sê: "[Die liefde] handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie” (1 Korintiërs 13:5 ). Die Boodskap stel dit so: "... om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie."
Sjoe, is dit werklik moontlik? Ek dink dit is. Stel jouself voor as iemand iets gedoen het om te jou irriteer, seer te maak of kwaad te maak en jy steur jou nie daaraan nie; jy onthou nie elke liewe dingetjie nie! As iemand jou aanstoot gegee het (opsetlik of nie), dan vergewe jy vanselfsprekend, voordat die belediging in jou hart of jou denke vatplek kry.
Ek dink die Bybel gee ons hier 'n hulpmiddel vir 'n lewe van vryheid. Ek glo ook ons kan so leef omdat God se liefde in ons woon. Romeine 5:5 sê: “en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.” Dit is nie gewone menslike liefde nie — nie die sentimenteel-romantiese gevoel nie — maar die bonatuurlike Goddelike soort liefde en dis alreeds in jou hart. Dit beteken jy kan elke dag die besluit neem om jouself daaraan oor te gee.
Ek dink die enigste manier om hierdie soort liefde uit te leef, is om baie goed te raak met vergifnis — met beide groot en klein dingetjies. Hoe meer ons leer om die klein irritasies en “onregverdighede” van die lewe op 'n daaglikse basis te vergewe, hoe makliker sal dit vir ons wees om die werklik pynlike gebeure in ons lewens te vergewe.
Hoe verbeter ons? Deur oefening. Om die klavier beter te speel, moet ons oefen. Om beter toesprake te lewer, moet ons dit gereeld doen. Om in enige soort sport beter te vaar, moet ons oefen.
Ek dink dis net so met vergifnis. Hoe meer ons oefen, hoe beter raak ons daarmee. As ons oefen om die klein dingetjies te vergewe — daardie daaglikse irritasies — dan is ek baie seker ons sal beter kan vergewe wanneer ons voor groot seerkry te staan kom. Ons kan sonder 'n skrapie van daardie seer ontkom. Ons kan in vryheid leef en ons seëninge te alle tye sien vloei. Ek glo dis hoe God wil hê ons moet leef en Hy bemagtig ons om dit te kan doen.
Aangaande hierdie leesplan
Daar het al baie groot en pynlike dinge met ons almal gebeur — en vergifnis is die sleutel om van hierdie seer uit die verlede bevry te word. Wat as ons egter daarna strewe om 'n leefstyl van vergifnis te lei — waar niks ons pla nie, waar selfs ons kleinste seerkry sommer net soos water van 'n eend se rug afrol? Dit is die lewe van vryheid wat God vir ons wil hê!
More