Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 8 VAN 43

Oordenkingsvrae:  

Week 1:

1. Waarom is dit belangrik dat Jesus die verteenwoordiging van God is? Waarom maak dit vandag vir ons saak?

2. Waarom is dit belangrik om aandag te gee aan die dinge wat ons leer wanneer ons die Skrif bestudeer?

3. Wat beteken dit dat Christus volmaak moes word deur lyding? Watter lyding het Hy verduur?

4. Vervolmaak ons lyding ons op dieselfde manier as wat Christus se lyding Hom vervolmaak het? Indien wel, hoe? Indien nie, waarom nie?

5. Waarom verdien Jesus meer eer as diegene wat voor Hom daar was, soos Moses of Dawid?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/