Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 4 VAN 43

Lees: Hebreërs 1:5-14

SOAP: Hebreërs 1:8-9

Maar van die Seun sê Hy:

"U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied. 

U het die reg lief en U haat die onreg. 

Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.  

Oordenking

Na sy inleiding, het die skrywer van Hebreërs al die wyses wat Jesus verhewe is, verduidelik. Hy begin eerste met sy hoër gesag en heerskappy oor die engele. Die engele het inderdaad 'n belangrike rol in God se koninkryk, as gesante om sy mense te dien. Jesus is egter ver verhewe bo die engele, selfs in hulle betekenis.  

Jesus is die Een wie se troon vir ewig gevestig is. Jesus is ewig: Hy het altyd en sal altyd bestaan. Sy troon sal dus ook vir ewig bestaan. Die skrywer van Hebreërs sal hierdie tema van Jesus se ewige heerskappy en bewind reg deur die boek voortsit. 

Die fokus van Jesus se hoër gesag is nie op sy sondelose lewe op aarde nie, maar op wie Hy is. Hy is die ewige Seun van God, wat altyd is en wat altyd sal wees. Hy sal vir ewig heers. Hy het sonde vir eens en vir altyd vernietig en aan ons sy regverdigheid toegereken. Sy regverdigheid en getrouheid hou alles in stand, insluitende al die onsekerhede van ons lewens. 

Gebed

Jesus, ek herken U majesteit. U alleen is regverdig en U het gekies om my U regverdigheid te skenk deur genade alleen. Help my om te glo dat u opoffering genoeg is en dat ek nie sal probeer om my verlossing deur werke of dade te probeer verdien nie. Ek glo U is heilig en regverdig en ek weet dat ek U desperaat nodig het. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/